ECHELON
Voorkoms
ECHELON is 'n uiters geheime wêreldwye seinonderskeppings- en analisenetwerk wat deur die [UKUSA]-gemeenskap bedryf word [1]. ECHELON kan bykans enige plek in die wêreld, radio- en satellietkommunikasie, telefoonoproepe, fakse en eposboodskappe onderskep. Dit sluit ook outomatiese analise en sortering van onderskepte boodskappe in. Daar word geskat dat ECHELON tot bykans 3 miljard boodskappe daagliks onderskep [2].