Gaan na inhoud

Barend du Plessis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Volle name: du Plessis, Barend Jacobus
Geboorte datum: 19 January 1940
Plek van geboorte: Johannesburg, Suid Afrika
Ouers: Jan Hendrik en Martie du Plessis
Getroud: Antoinette (née Van den Berg) maar is geskei
Kinders: vier kinders

Skolastiese opleiding

Hy word groot in Boksburg waar hy sy skolastiese opleiding begin aan Baanbreker Laerskool en matrikuleer in 1956 te Voortrekker Hoër Skool. Hy verkry die graad B.Sc. in 1960 van Potchefstroom Universiteit van Hoër Christelike Opvoeding en in 1961 voltooi hy ook sy Transvaal Hoër Opvoedings Diploma. Gedurende sy studies het hy ‘n aktiewe rol gespeel in die Transvaal Onderwys Opleidings Kollege Unie. Alhoewel die organisasie hoofssaklik handel oor studente en opleiding aangeleenthede, kan dit gesien word as sy eerste insae in die politieke arena. Hy was gekies as Voorsitter van die Studente Raad, wat hom instaat gestel het om oorsee te reis na lande soos Holland, Duitsland en België waar hy ander studente leiers ontmoet het.

Van onderwys tot finansies

In 1962 begin hy as wiskunde onderwyser by die Hoër Seunsskool Helpmekaar in Johannesburg, asook die Johannesburg Techniese Kollege. Later word hy aangestel as administratiewe ‘officer’ van die Hoof Ingeneur by die Suid Afrikaanse Uitsaai Korporasie (SAUK). Hy wor bevorder na die nuwe data verwerkings eenheid waar hy opleiding kry in rekenaar tegnologie. Hy word verder bevorder en verplaas na die kantoor van die Direkteur Generaal as administratiewe sekretaris. Na sy bedanking by die SAUK in 1968, werk hy by die internasionale rekenaarmaatskappy IBM tot 1974. Hier ontvang hy opleiding in banksake en finansies. Hy woon ook die IBM Gegradueerde Skool in Banksake in Princeton in die Verenigde State van Amerika by.

Politieke loopbaan

Du Plessis se vader was ‘n aktiewe lid van die Nasionale Party en politieke belangstelling was deel van sy lewe van jongs af. Hy werk vir die Nasionale Party gedurende verkiesings en die Republiek referendum. In 1966 word hy ‘n amptelike lid van die Nasionale Party. Nada thy sy eerste stap in gemeenskaps diens betree in 1972 as verkose beampte tot die Roodepoort Stadsraad, Hier gaan hy met rasse skrede vooruit en word in 1974 as onder-burgemeester gekies.Hy staan as NP kandidaat in Florida in dieselfde jaar en raap die setel weg van die Verenigde Party. Gedurende hierdie tydperk bly hy ‘n werknemer by IBM.

In sy kapasiteit as parlementsminister dien hy as lid van die Verkose Komittee oor Publieke Rekeninge vanaf 1976 tot 1981.Hy word ook verkies tot sekretaris van die Nasionale Party Sudie Groep oor Finansies van 1979 tot 1981. Hy was ook die inligtings offisier vir die Nasionale Party vanaf 1977 en 1981. In 1982 word hy verkies to voorsitter van die kommitee wat die Suid Afrikaanse Uitsaaiwese betudeer het, maar hy bly geinterseerd in finansies en ekonomie wn was uiteindelik verkies tot onder minister van Buitelandse sake en Inligting. Tot en met hierdie aanstelling het hy as Direkteur van 12 maatskappye gedien.


As onder minister was hy gemoeid met die Regering se verhouding met die pers. In sy eerste paar weke maak hy die kontroversiele stelling aangaande die SAUK se uitsaai van Konserwatiewe Party propaganda en die tekort verslagdoening oor regerings sake. Hy was ook teenwoordig, tesame met Minister Pik Botha, minister van Buitelandse Sake met die onderhandelinge met Angolese leiers te Ilha do Sal. Op 23 November 1983 word hy aangestel as die Minister van Opvoeding en Opleiding. Hier het hy te doen gekry met die skool boykotts in Atteridgeville,Pretoria waar hy persoonlik met die studente leiers onderhandel het om na hulle probleme te luister. In ‘n poging om die spanning te verlig na die dood van ‘n leerling gedurende polisie aksie, het hy met Biskop Desmond Tutu beraadslaag maar teen Mei 1984 is ses Attridgeville en Saulsville skole gesluit. Hy poog om die rol van van die swart gemeenskap by skole te herorganiseer en wys daarop dat enige ouer of student ‘n direkte kommunikasie met hom as Minister het. In 1984, gedurende die begrotings rede van sy department in die Parlement het senior swart onderwysers die debat bygewoon. Hy verklaar dan ook dat daar vootaan geen rasse beperkings in die Departement van Opvoeding sal wees nie.


Barend du Plessis word aangestel as die Minister van Finansies in Augustus 1984. Hy volg Dr Owen Horwood op en neem die uiters komplekse portifolio op. Suid Afrika was in finansiele moeilikheid as gevolg van verskeie faktore waaronder die daling in die goudprys. Die Rand/Dollar wisselkoers was ook op ‘n lae punt en die land was in ‘n algemene droogte gehul. Uitvoere was besig om te daal. In 1985 sit hy met die dilemma om Suid Afrikaanse internasionale krediet te herstruktureer aangesien buitelandse banke hulle kort termyn krediet aan Suid Afrika verlaag het. Hy dien as Minister van Finansies in die laaste deel van P.W Botha se cabinet en in die eerste deel van F.W.de Klerk se administrasie. Hy word later die voorsitter van die Nasionale Party se Federale Inligtings Komittee en lid van die Uitvoerende Nasionale Party in Transvaal.


Verwysings