Joernalis
Subklas van | media professioneel, outeur, media profession, authors, journalists and linguists |
---|---|
Veld van hierdie beroep | joernalistiek |
ISCO-08 occupation class | 2642 |
ISCO-beroepskode | 2451 |
Eponieme kategorie | Category:Wikipedia categories named after journalists |
'n Joernalis of verslaggewer is 'n persoon wat joernalistiek bedryf, of, anders gestel, verantwoordelik is vir die bymekaarmaak en verspreiding van inligting oor onder meer nuusgebeure, modeneigings, maatskaplike kwessies en mense.
Oorsprong en omvang van die woord
wysigIn die vroeë negentiende eeu het die woord 'joernalis' doodgewoon beteken dat die persoon vir koerante (Eng. 'journal') geskryf het. Charles Dickens, aan die begin van sy loopbaan, was só 'n persoon. Gedurende die twintigste eeu, het die betekenis verbreed na persone wat soortgelyke werk in tydskrifte, oor die radio en op televisie doen. In die afgelope twintig jaar het dit ook joernalistieke bydraes begin insluit op die Internet, met 'n baie moderne beweging dié van die sogenaamde 'burgerlike joernalis', veral in die 'webjoernaal'-verband (Eng. 'blog').
In watter kommunikasiemedium die joernalis ook al werk, roep die woord 'joernalis' professionaliteit op; soos gereflekteer in die joernalis se beriggewing, en sy/haar sterk respek vir die waarheid en hoogstaande etiek. Hierdie assosiasie is ongelukkig nie so stewig in sekere gebiede van beriggewing nie, soos die poniepers waar die teenoorgestelde standaard doelbewus nagestreef word; en die beroep hou ook sy asem op vir die ontwikkelende wêreld van 'webjoernalistiek'.
Bekende joernaliste deur die eeue
wysig- Daniel Defoe – hy was die redakteur en stigter van die 'Review'. Hy word gesien as die vader van menige joernalistieke konvensies, byvoorbeeld die ooggetuie, die reisartikel, en die bevooroordeelde stem van die rubriek. Die 'Review' het eerste die lig gesien op 19 Februarie, 1704, en het ondergegaan teen 11 Junie, 1713.
- Samuel Taylor Coleridge – skrywer van kort politieke opstelle, digter, en joernalis
- Charles Dickens (1812–1870) – hy het sy loopbaan begin as 'n stenograaf in die howe en die Britse Parlementsgebou
- Rudyard Kipling (1865–1956) – koerantredakteur en korrespondent in Indië
- Winston Churchill (1874–1965) oorlogskorrespondent in die tweede Anglo-Boereoorlog, en gedurende daardie oorlog gevange geneem deur die Boere
- Ernest Hemingway (1899)-(1961) – romanskrywer en oorlogskorrespondent
- George Orwell (1903–1950), het verslag gedoen oor armoede, en die Spaanse Burgeroorlog
- George Bernard Shaw – beter bekend as 'n dramaturg, maar ook invloedryk as musiekresensent en ander vorme van joernalistiek
- Bob Woodward – Washington Post-verslaggewer. Hy het gehelp om die Watergate skandaal van President Richard Nixon oop te vlek, in 'n historiese joernalistieke vennootskap met Carl Bernstein; wenner van twee Pulitzerpryse
- Walter Cronkite, voormalige Verenigde Perskorrespondent, televisie-ankerpersoon vir CBS Nuus in die 50's en 60's
Joernaliste as romanskrywers
wysigBehalwe die name hierbo, is daar talle andere wat hul merk op beide terreine gemaak het, insluitende:
- Anthony Burgess
- Frederick Forsyth
- Graham Greene oorspronklik 'n subredakteur op 'The Times'
- Tom Wolfe
Bron
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Journalists. |
Sien joernalis in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- Losweg vertaal vanaf Journalist op die Engelse Wikipedia.