Frans-Soedan
Frans-Soedan (Frans: Soudan français) was 'n kolonie in Frans-Wes-Afrika wat twee verskillende bestaansperiodes gehad het, die eerste keer van 1890 tot 1899, en toe weer van 1920 tot 1958, toe die gebied die onafhanklike nasie Mali word.
| ||||
Hoofstad | Bamako 12°39′N 08°00′W / 12.650°N 8.000°W | |||
Taal/Tale | Frans | |||
Regering | Republiek | |||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | |||
- Stigting | 18 Augustus 1890 | |||
- Gedeeltelike ontbinding | 10 Oktober 1899 | |||
- Senegambië en Niger | 1902 | |||
- Herskep | 1920 | |||
- Autonomie | 28 November 1958 | |||
- Ontbinding | 4 April 1959 | |||
- Onafhanklikheid van Mali | 22 September 1960 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1959 | 1 241 238 km2 479 245 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1959 skatting | 4 407 000 | |||
Digtheid | 3,6 /km² 9,2 /sq mi |
Dit is as Franse gebied op 9 September 1880 as "Bo-Senegal" geskep en is later, op 18 Augustus 1890. herdoop na die "Frans-Soedan gebied"' met die hoofstad daarvan by Kayes wat na Bamako oorgedra word op 17 Oktober 1899. Op 10 Oktober 1899 word Frans-Soedan opgebreek - 11 suidelike provinsies word deel van Frans-Guinee, Ivoorkus en Dahomey. Die word egter die volgende jaar terug gegee.
In 1902 word die dele van die kolonie wat nie in militêre distrikte georganisseer is nie, Senegambië en Niger, toe Bo-Senegal en Niger in 1904, en toe word die ou naam weer gebruik in 'n herorganisering in 1920.
Toe Bo-Volta in 1933 afgeskaf word, tel Frans-Soedan van die provinsies op.
Op 28 November 1958 verkry Frans-Soedan selfbestuur as 'n lid van die Franse gemeenskap.
Frans-Soedan word op 22 September 1960 as Mali onafhanklikheid verleen.
Bronne
wysig- Joseph Roger de Benoist, Église et pouvoir colonial au Soudan français: les relations entre les administrateurs et les missionnaires catholiques dans la Boucle du Niger, de 1885 à 1945. 539 p. Karthala, 1987 ISBN 978-2-86537-169-3
- Georges Spitz, Le Soudan français, Éditions maritimes et coloniales, 1955, 111 p.