Duitse nasionale sokkerspan
mans nasionale sokkerspan wat Duitsland verteenwoordig
Die Duitse nasionale sokkerspan is die mans sokkerspan wat Duitsland tydens internasionale kompetisies verteenwoordig. Die Mannschaft het vier keer die Sokker-Wêreldbeker en drie keer die Europa Beker gewen. Duitsland is altyd een van die sterker spanne in internasionale sokker. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika het hulle derde geëindig, en op 13 Julie 2014 wen hulle die eindstryd in Brasilië teen Argentinië met 1 – 0 in ekstra tyd.
Duitsland | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Stigting | 1908 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Afrigter | Joachim Löw | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Erelys
wysig- Sokker-wêreldbeker (4)
- 1954, 1974, 1990 en 2014
- (naaswenner (4): 1966, 1982, 1986, 2002)
- Europa-beker (3)
- 1972, 1980, 1996
- (naaswenner (3): 1976, 1992, 2008)
Mededinging
wysigDuitsland ondervind sterk mededinging van Engeland, Frankryk en Nederland. Die derby tussen Nederland en Duitsland is een van die strafste internasionale wedstryde ter wêreld.