Koe'sister

THE BIG BAKE-OFF

APPELTERT

Stephanie Pekeur

Ek het netnou gou op die lyne geklim Worcester toe en Ma vertel hoe lekker sy lees aan die twee Koe’sisters wat ek vir haar gekoop het en watter resepte sy daaruit gaan maak. Net daar sê ek toe: “Ek gaan ophou lurk op die blad en Mammie se appeltertresep deel.”

My ma vertel toe hoe sy destyds ‘n juffrou op Ceres gehelp met balletklasse. Sy het uit die Kaap gekom en het altyd iets gebring om te eet. Op ‘n dag bring sy ‘n appeltert. Mammie eet toe so lekker en vra die resep. Die juffrou skryf dit toe sommer op ‘n koevert neer. Dit was 1971 en my ma het steeds die koevert.

Sy het nooit destyds die tert gemaak nie omdat sy by mense loseer het. Sy het dit eers later by haar ouerhuis gemaak. Toe ek die eerste keer help om dit te bak was my werk om net die tert in die oond te sit. Daar laat val ek die tert in die oond uit die bak uit! (Die beslag is baie slap.)

Fast forward na 2021 en ek bak die tert in my eie plek en dit ruik soos my ouerhuis.

1 Granny Smith-appel (As jy lief is vir appels kan jy altyd meer gebruik.)
1 kaneelstokkie
3 e (45 ml) botter
1 k (250 ml) suiker
3 eiers
1 k (250 ml) bruismeel
½ k (125 ml) melk
Knippie sout
Kaneel, om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot by 180 ˚C.

Skil en ontpit die appel, sny in dun skywe en kook met die kaneelstokkie. Laat afkoel.

Verroom die botter en suiker.

Voeg eiers een vir een by.

Sif die bruismeel by en roer die melk en sout by.

Giet die beslag in ‘n oondvaste bak, gesmeer en besprinkel met meel. Verwyder die afgekoelde appels uit die pot en gooiby die beslag. Strooifyn kaneel oor (ek hou van baie). Bak tot gaar.

SOUS

1 k (250 ml) room
1 k (250 ml) suiker

Kook die room en suiker saam vir 10 minute. Sny die tert in skywe terwyl dit nog warm is en gooidie sous oor.

Ek sit dit warm voor met roomys, maar jy kan dit ook koud eet.

SUNDAY AFTERNOON TEA TRADITIONS

Fayruza Abrahams

Sunday afternoon high tea was always a family affair in our home. I was blessed to grow up with my parents, grandparents and great-grandparents living under one roof. It goes without saying that we all looked forward to Sunday teatime the whole week. My gran and mum would already start baking on Saturday afternoon.

Sweet treats, or snoepgoedjies, as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Koe'sister

Koe'sister2 min read
HAVE A HOT CROSS AFFAIR WITH APPLE, CINNAMON & VANILLA BUNS
These buns are raisin-free - a good alternative if you're not partial to raisins and currants. I used my tried and tested recipe for Extra Spicy Hot Cross Buns and adapted the recipe to include grated Flash Gala apples, lots of cinnamon and vanilla p
Koe'sister1 min readPopular Culture & Media Studies
Die Verlosser
Artwork by Daniël Hugo. For more information, visit his Facebook and Instagram pages at @DanielHugoIllustration
Koe'sister4 min read
From Ina Paarman's Kitchen
This is one of the recipes that established my reputation in the early years. Very few of the ingredients have changed, but I now roast the vegetables first. Serve it garnished with butternut crisps for a special occasion. SERVES 6 Adjust the oven ra

Related Books & Audiobooks