Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/31 Oktober
Voorkoms
31 Oktober: Halloween, Hervormingsdag in Duitsland
- 1517 – Martin Luther spyker sy 95 stellings teen die deur van 'n kerk in Wittenberg, Duitsland, aan die begin van die Protestantse Hervorming.
- 1922 – Benito Mussolini word op 39 die jongste premier in die geskiedenis van Italië.
- 1956 – Suez-krisis: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk begin Egipte bombardeer om die heropening van die Suezkanaal af te dwing.
- 1984 – Die Indiese eerste minister Indira Gandhi sterf in 'n sluipmoordaanval deur twee van haar eie lyfwagte.
- 2006 – Oorlede: Pieter Willem Botha, Eerste Minister (1978-1984) en Staatspresident (1984-1989) van Suid-Afrika.