Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/17 November
Voorkoms
17 November: Die meteorereën van die Leoniede bereik 'n hoogtepunt.
- 1558 – Elizabeth I bestyg die Engelse troon.
- 1869 – Die Suezkanaal, wat die Middellandse See met die Rooisee verbind, word met 'n luisterryke seremonie ingewy.
- 1952 – Die ANC-politikus en sakeman Cyril Ramaphosa word in Soweto, Johannesburg, gebore.
- 1969 – Die SALT I-samesprekings tussen die Sowjetunie en die Verenigde State begin in Helsinki.
- 2012 – Oorlede: Ian Kirkpatrick, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en -afrigter.