Vul (sterrebeeld)
Vul | ||||
Latynse naam | Equuleus | |||
Genitief | Equulei | |||
Afkorting | Equ | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h | |||
Deklinasie | 10º | |||
Grootte | 72 vk. grade (87ste) | |||
Kwadrant | NQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Kitalpha (Alpha Equulei) | |||
Naaste ster | Gliese 818 (HD 200779) | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 10 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Waterdraer, Dolfyn, Vlieënde Perd | ||||
|
Die Vul (Latyn: Equuleus) is ’n dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim, die tweede kleinste beeld naas die Suiderkruis. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Ruimtevoorwerpe
[wysig | wysig bron]Die helderste ster in die Vul is Kitalpha (Alpha Equulei) met ’n helderheid van 3,92 mag. Daar is ’n paar noemenswaardige dubbelsterre: γ Equ, ε Equ (wat uit vier komponente bestaan) en δ Equ, waarvan die komponente elke 5,7 jaar om mekaar wentel – op ’n tyd die kortste bekende tyd vir ’n optiese dubbelster. Daar is min veranderlike sterre in die sterrebeeld. Net sowat 25 is bekend en die meeste is dof. γ Equ wissel elke 12½ minute tussen 4,58 en 4,77 mag.
Weens die Vul se afstand van die Melkweg af is daar net ’n paar dowwe sterrestelsels tussen 13 en 15 mag wat hier voorkom, soos NGC 7015, NGC 7040, NGC 7045 en NGC 7046.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vul (sterrebeeld).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia