Gaan na inhoud

Pous Celestinus IV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Celestinus IV
Geboortenaam Goffredo de Castiglione
Pontifikaat begin 25 Oktober 1241
Pontifikaat eindig 10 November 1241
Voorganger Gregorius IX
Opvolger Innocentius IV
Gebore
Milaan, Italië
Sterf 10 November 1241
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Celestinus

Celestinus IV was die 179ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir sewentien dae in 1241. Vir ander kort pontifikate sien Lys van kortste pontifikate.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Pous Celestinus IV[1] is gebore as Goffredo de Castiglione in Milaan, Italië. Hy is die seun van Giovanni Castiglioni en Cassandra Crivelli, 'n suster van Pous Urbanus III. Op 18 Julie 1223 word hy kanselier van Milaan en op 18 September 1227 maak Pous Gregorius IX hom kardinaal van Sint Markus. Hy word as pouslike legaat na Lombardye gestuur om die stede daar wat aan die Hohenstaufen trou gebly het, oor te haal om hulle by die pous te skaar, egter sonder sukses. In 1238 word hy kardinaal-biskop van Sabina. Op 25 Oktober 1241 volg hy Pous Gregorius IX op en regeer tot sy dood op 10 November 1241. Hy word opgevolg deur Pous Innocentius IV. Die naam ‘Celestinus’ beteken 'hemelse'.

Verkiesing

[wysig | wysig bron]

Die pousverkiesings van 1241 is onder baie moeilike omstandighede gehou wat die pous se dood verhaas het. Die kardinale was verdeel oor die stryd teen die keiser Frederik II. Een groep wou die beleid van Pous Gregorius IX voortsit en Frederik verneder as 'n pouslike vasal. Frederik het egter twee kardinale gevange gehou in Tivoli en het 'n bondgenoot in Rome gehad met die naam Kardinaal Giovanni Colonna. Colonna het die keiser gesteun om dat die kurie in die hande was van 'n vyand van die Colonna-familie, senator Matteo Rosso Orsini. Orsini het die konklaaf gevange gehou in die vervalle Septizodium paleis, waar die dak gelek het. Een van die kardinale het siek geword van die omstandighede en gesterf. Orsini se kandidaat Romano da Porto was onaanvaarbaar omdat hy die professore van die Universiteit van Parys vervolg het en homself onwelvoeglik gedra het in die teenwoordigheid van die koningin-moeder. Frederik se kandidaat Otto van St. Nicholaas was ook nie vir die kardinale aanvaarbaar nie. Op 25 Oktober 1241 kies die konklaaf met slegs sewe kardinale vir Pous Celestinus IV[2]. Hy was egter al oud en uitgeput deur die omstandighede van die konklaaf en sterf sewentien dae later op 10 November 1241. Sy enigste pouslike daad was die ekskommunikasie van Matteo Orsini.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Abulafia, Robert. (1988) Frederick II: a Medieval Emperor (Oxford: Oxford University Press).
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Celestine IV. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica
  2. Shahan, Thomas. "Pope Celestine IV." The Catholic Encyclopedia. Vol. 3. New York: Robert Appleton Company, 1908. 22 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/03479a.htm>.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Gregorius IX
Pous (Pontifex Maximus)
1241 – 1241
Opgevolg deur
Innocentius IV