Gaan na inhoud

Teenpous Benedictus X

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Pous Benedictus X)
Teenpous Benedictus X
Geboortenaam Giovanni Mincio
Sterfdatum ongeveer 1080
Teenpous van Pous Nicolaas II
Begin van pontifikaat 5 April 1058
Einde van pontifikaat April 1059
Ander Name 1. Johannes Mincius
2. Giovanni Mincio van Tusculum
3. Giovanni Mincio van Velletri

Teenpous Benedictus X[1][2] gebore as Giovanni Mincio was 'n teenpous van die Rooms-Katolieke Kerk aangestel deur die Tusculum-familie in die periode 1058–1059.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Giovanni Mincio is die seun van Graaf Guido (of Wido) van Tusculum en 'n broer van Pous Benedictus IX. Hy is aangestel as kardinaal-biskop van Velletri, deur Pous Leo IX in 1050. Na die dood van Pous Stefanus IX op 29 Maart 1058 word Giovanni deur sy magtige ooms Gregorio di Tusculum, Gerardo di Galeria en Ottaviano Crescenzio di Monticelli teen sy sin tot nuwe pous benoem op 5 April 1058.[3] Verskeie kardinale het die benoeming ongeldig verklaar, maar moes uit Rome vlug.

Hildebrand van Sovana (later Pous Gregorius VII was ook 'n fel teenstander van die pouskeuse en kry die steun van die hertog van Lotharinge-Toskane en keiserin Agnes. Op Hildebrand se voorspraak word Gerard van Boergondië verkies as Pous Nicolaas II op 6 Desember 1058.

Nadat Nicolaas Benedictus afgeset en geëkskommunikeer het met die hulp van die sinode van Sutri in Januarie 1059, word Benedictus deur Nicolaas se aanhangers uit Rome verdryf. Met die hulp van troepe van die Vikings volg twee oorloë teen Benedictus totdat hy oorgee in 1059 en sy aansprake op die pousskap laat vaar. In 1060 word Benedictus gevange geset in die klooster van Sant Agnese en hy sterf in gevangeskap.

Om soortgelyke onenigheid in die toekoms te voorkom het Pous Nicolaas nuwe reëls opgestel vir die pouskeuse. Die reëls het uiteindelik daartoe gelei dat slegs die Kollege van Kardinale die nuwe pous kies.

Omdat Benedictus 'n teenpous was, is die kardinale wat hy aangestel het nie deur die Rooms Katolieke Kerk erken nie. Hulle staan bekend as pseudo-kardinale.[4]

  • Rainiero, ab van die klooster Ss. Cosma en Damiano, Rome in 1058.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Benedict (X). (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica
  2. Pope Benedict X. (1907). In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Retrieved May 23, 2014 from New Advent: [1]
  3. Miranda S., The Cardinals of the Holy Roman Church [2]
  4. Miranda, S., The Cardinals of the Holy Roman Church. [3]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.