Gaan na inhoud

Oranjezicht

Koördinate: 33°56′30″S 18°24′50″O / 33.94167°S 18.41389°O / -33.94167; 18.41389
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oranjezicht
Voorstad
Uitsig oor Oranjezicht
Uitsig oor Oranjezicht
Oranjezicht is in Cape Town
Oranjezicht
Oranjezicht
Koördinate: 33°56′30″S 18°24′50″O / 33.94167°S 18.41389°O / -33.94167; 18.41389
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitKaapstad
Oppervlak
 • Totaal1,13 km2 (0,44 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal3 580[1]
 • Digtheid3 084/km2 (7 990/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
8001

Oranjezicht is 'n gevestigde woongebied vir die gegoedes van Kaapstad. Dit lê aan die suidekant van die stadskern.

Ligging

[wysig | wysig bron]

Die stadsdeel van nagenoeg 1.13 km² is suid van Millstraat en lê aan die noordekant van Tafelberg. Molltenoweg skei dit in die weste van die Tuine, Kaapstad en Gorgeweg aan die oostekant van Vredehoek. Bo-Oranjestraat en Sidmouthlaan loop van noord na suid deur die streek.

Bekende plekke

[wysig | wysig bron]

Die bekendste plekke in Oranjezicht is die Mount Nelson Hotel, Moltenodam, De Waalpark, Graaff Electric Lighting Works, Booth-gedenkhospitaal, St. Cyprian’s-meisieskool, die kramat van Abdul Malik en die Hurlingpomp.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Suid van die Kompanjiestuin teen die helling van Tafelberg is daar deur die VOC reeds laat in die 17de eeu verskeie plase aan vryburgers en amptenare toegeken. In die 18de eeu is op hierdie grond pragtige herehuise opgerig. Reeds in 1709 is die plaas Oranje Zight aan die VOC-amptenaar die Hugenoot Durand Sollier (Laubscher, Loubser) gegee. In 1716 word Jan Strijdom die eienaar en in 1731 verkoop hy dit op sy beurt aan Pieter van Breda. Sy nageslag koop aanliggende stukke grond by en teen die middel van die 19de eeu is die plaas 170 ha groot. Dit is vrugbare grond met volop fonteinwater. Mettertyd is die huis aan die bopunt van Bo-Oranjestraat en Sidmouthlaan tot ‘n huis in die Georgiaanse styl herbou en is nog buitegeboue opgerig. In verskeie spookverhale het die huis ‘n rol gespeel. Ook was die plaas bekend weens slaweonrus. Vir ‘n 170 jaar bly die plaas in besit van die Van Breda-familie. Langsamerhand is dele van die plaas in woonerwe onderverdeel. In 1882 onteien die stadsowerheid die grond se waterregte. Net na die Tweede Wêreldoorlog was die huis verlate en verwaarloos, maar nog gemeubileer met kosbaarhede. In 1955 word die ou huis gesloop. Eers word die grond rondom die opstal as sportterrein gebruik en later as ‘n gemeenskaplike groentetuin.

Bekende ou huise

[wysig | wysig bron]
  • Rheezicht in Gorgeweg is nou ‘n ministerswoning.
  • Nooitgedacht se oorblysels is deel van die St. Cyprian’s-skool.
  • Schoonder Sigt, Flowerstraat 3, is nou ‘nhotel. Dit was die huis van Robert Jacob Gordon.
  • Stathisla in Moltenostraat
  • Mayville in Belvederelaan

Daar bestaan onsekerheid oor die herkoms van die naam Oranjezicht. Vanaf die area is daar ‘n mooi uitsig oor Tafelbaai, die middestad en Kasteel die Goeie Hoop met sy suidwestelike bastion met die naam Oranje prominent in die rigitng van die oorspronklike plaas en huidige woonbuurt gekeer. ‘n Ander moontlikheid is dat die prins van Oranje (dus die Huis van Oranje) direk vernoem is en nie indirek via die bastion nie. Dat die naam verwys na moontlike lemoenbome op die plaas is onwaarskynlik.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Subplek Oranjezicht Sensus 2011