Leopold I, Heilige Romeinse Keiser
Voorkoms
Leopold I | |
---|---|
Heilige Romeinse Keiser | |
Leopold I van die Heilige Romeinse Ryk
| |
Vorstehuis | Habsburg |
Titels | Heilige Romeinse Keiser; Koning van Duitsland; Koning van Hongarye; Koning van Boheme; Koning van Kroasië; Aartshertog van Oostenryk |
Regeer | 27 Junie 1655 (Hongarye); 14 September 1656 (Boheme); 18 Julie 1658 (Heilige Romeinse Ryk); 2 April 1657 (Kroasië en Oostenryk) – 5 Mei 1705 |
Voorganger | Ferdinand III |
Opvolger | Josef I |
Volle naam | Leopold Ignaz Joseph Balthasar Felician |
Gebore | 9 Junie 1640; Wene, Oostenryk |
Oorlede | 5 Mei 1705; Wene, Oostenryk |
Eggenoot | Margaret Theresa van Spanje Claudia Felicitas van Oostenryk Eleonor Magdalene van Neuburg |
Kinders | Maria Antonia van Oostenryk Josef I, Heilige Romeinse Keiser Maria Elisabeth van Oostenryk Leopold Joseph van Oostenryk Maria Anna van Oostenryk Maria Theresa van Oostenryk Karel VI, Heilige Romeinse Keiser Maria Magdalena van Oostenryk |
Vader | Ferdinand III |
Moeder | Maria Anna van Spanje |
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk |
Leopold I (9 Junie 1640 – 5 Mei 1705) was 'n keiser van die Heilige Romeinse Ryk. Hy is gebore in Wene, Oostenryk en was die tweede seun van Ferdinand III, Heilige Romeinse Keiser. Na die afsterwe van sy broer, Ferdinand IV, in 1654 word hy die opvolger op sy vader se troon. Hy word in 1655 koning van Hongarye en regeer tot 1687. Hy word ook koning van Boheme in 1657 en volg sy vader op as keiser in 1658. Gedurende die grootste gedeelte van sy tyd as keiser was sy ryk in oorlog gewikkel. Hy was nie opgewasse vir sy rol as administrateur of militaris nie en het die take oorgelaat aan sy ministers en generaals. In 1662 breek 'n oorlog uit met die Turke.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Leopold I, Heilige Romeinse Keiser.