Kuvempu-universiteit
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kuvempu Universiteit | |
---|---|
ಕುವೆಂಪು ವಿಶ್ವವಿದ್ಯಾಲಯ | |
Kuvempu Universiteit | |
Leuse: | ಬೋಧನೆ ರಲ್ಲಿ ಫಾಸ್ಟರ್ ಕ್ರಿಯೆಟಿವಿಟಿ |
Leuse in Afrikaans: | Kweek kreatiwiteit in onderrig |
Gestig: | 1987 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Kanselier: | Hansraj Bhardwaj Governor of Karnataka |
Vise-kanselier: | S.A. Bari |
Ligging: | Shimoga, Indië |
Webtuiste: | http://www.kuvempu.ac.in |
Kuvempu Universiteit is 'n instelling van hoër onderwys in die weste van die Suid-Indiese deelstaat Karnataka. Die universiteit, wat in 1987 gestig is, is vernoem na die Kannada-taal-skrywer K.V. Puttappa, algemeen bekend as Kuvempu.
Die hoofkampus is in 'n landelike omgewing sowat 17 myl (28 km) suid van Shimoga (Shivamogga) geleë. Daar is 'n nagraadse sentrum in die stad Kadur suidoos van die hoofkampus, twee samestellende kolleges in Shimoga, en 'n paar dosyn kolleges en navorsingsinstellings in die hele streek wat met die universiteit geaffilieer is. Akademiese skole sluit in dié vir biologiese wetenskappe; chemiese wetenskappe; onderwys; die aardwetenskappe; ekonomie en besigheidstudie; tale, letterkunde, skone kunste, regsgeleerdheid, fisiese wetenskappe, en sosiale wetenskappe.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Kuvempu University. |