Gaan na inhoud

Klas 19-stoomlokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Suid-Afrikaanse Klas 19 en Klas 19R 4-8-2

SAR no. 1369 staangemaak in Breyten, Mpumalanga, 11 Junie 2005.
Tipe en oorsprong
Kragtipe Stoom
Ontwerper Suid-Afrikaanse Spoorweë[1]
Vervaardiger Berliner Maschinenbau
Serienommer 9279-9282 [2]
Model Klas 19
Klas Klas 19, Klas 19R
Vervaardig 1928
Aantal gebou 4
Bouspesifikasies
Konfigurasie 4-8-2 "Mountain"
Spoorbreedte Kaapspoor
Voorwielomtrek 724 mm (28 1/2 dm)
Dryfwielomtrek 1 370 mm (54 dm)
Agterwielomtrek 838 mm (33 dm)
Wielbasis Totaal: 17,875 m
Enjin: 4,394 m per gekoppelde deel, 9,804 m totaal
Tender: 1,397 m boegie,
5,105 m totaal
Lengte 20,561 m
Hoogte 3,912 m
Asbelasting 13,7 t op die 3de drywer
Massa op dryfwiele 53,9 t
Lokomotiefmassa 80,7 t
Tendermassa 22,4 t leeg
51,9 t gelaai
Gesamentlike massa 72,6 t leeg
132,6 t gelaai
Tendertipe MP1 - MP, MP1, MR, MX, MY, MY1 toegelaat
* 2-asboegies * 864 mm wiele * Lengte 7,887 m
Aandrywing
Brandstof Steenkool
Brandstofkapasiteit 10,2 t
Waterkapasiteit 20 910 ℓ
Stoomketel 1,524 m binneomtrek
Stoomketeldruk 1 380 kPa
Vuurroosteroppervlak 3,437 m2
120 buise met 57,1 mm omtrek
21 buise met 140 mm omtrek
– Vuurkas 11.799 m2
202,157 m2
Oorverhitteroppervlak 47,009 m2
Silinders Twee
Silindergrootte 533 mm (21 dm) boor
660 mm (26 dm) slag
Klepwerk Walschaerts
Werkverrigting
Trekkrag 142 kN (31 850 lbk) teen 75% keteldruk
Diensgeskiedenis
Gebruiker Suid-Afrikaanse Spoorweë [3]
Aantal in klas 4
Vlootnommer(s) 1366–1369
Afleweringsdatum 1928
Eerste tog 1928
Onttrekkingsdatum 1977 [1]

Die Klas 19 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is ontwerp deur Kol. F.R. Colins, die Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H. Daar is sewe subklasse in die klas.

Daar is vier lokomotiewe gebou deur Berliner Maschinenbau AG (BMAG) en afgelewer in 1928. Die lokomotiewe was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en superverhitters. Die lomotiewe het eers diens gedoen op die Kimberley - Vryburgtrajek en daarna by Empangeni en was baie suksesvol. Een lokomotief se stoomketel is vervang en hy is hergeklassifiseer as Klas 19R.

Klas 19A en Klas 19AR

[wysig | wysig bron]

Klas 19A is ontwerp om op ligter sylyne diens te doen. Om gewig te verminder is die silinders en die dryfwiele se omtrek verklein en 'n ietwat kleiner stoomketel is ingebou. Ses-en-dertig van die lokomotiewe is in 1929 deur die Schweizerische Lokomotivfabrik Winterthur (SLM) in Switserland gebou. Vyf van die lokomotiewe se stoomketels is later vervang met Nr. 1A stoomketels en hulle is hergeklassifiseer as Klas 19AR. Die lokomotiewe het eers regdeur die land diens gedoen maar is later net in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap gebruik. Hulle is almal in 1977 onttrek.

Klas 19B en Klas 19BR

[wysig | wysig bron]

In 1930 is nog 'n verdere veertien Klas 19A-lokomotiewe bestel. Daar was meer spasie tussen die wiele van die voorste draaistel en ook die silinders en derhalwe is die lokomotiewe as Klas 19B geklassifiseer. Een van die lokomotiewe is toegerus met Caprotti-klepratwerk as 'n eksperiment maar dit is vervang in 1943. 'n Ander lokomotief se stoomketel is vervang met 'n Nr. 1A stoomketel en hy is geherklassifiserer as Klas 19BR. Die lokomotiewe het diens gedoen in die omgewing van Kaapstad, tussen Kimberley en Vryburg en ook tussen Graaff-Reinet en Rosmead. Hulle is onttrek in 1977.

Klas 19C

[wysig | wysig bron]

Nadat A.G. Watson as Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H aangestel is in 1929, is daar besluit om nog 50 Klas 19B lokomotiewe te bestel. Gedurende die tenderfase het die North British Locomotive Company die gebruik van die R.C. klepratwerk voorgestel. Alhoewel dit duurder was, is die voorstel aanvaar en die lokomotiewe is afgelewer in 1935, toegerus met Nr. 1A stoomketels en geklassifiseer as Klas 19C.

Die lokomotiewe het diens gedoen op die Witwatersrand, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het al die lokomotiewe in Kaapstad diens gedoen. Gedurende 1970 het 'n paar in Bloemfontein diens gedoen vanwaar hulle gewerk het tot in Aliwal-Noord. Hulle is almal uit diens onttrek in 1978.

Klas 19D

[wysig | wysig bron]

Gedurende die tydperk wat W.A.J. Day as Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H aangestel was, is nog 135 lokomotiewe bestel by 3 firmas, Krupp, Borsig en Škoda Works net voor die Tweede Wêreldoorlog. Die lokomotiewe was indenties aan Klas 19C behalwe dat hulle toegerus was met Walschaerts-klepratwerk en derhalwe as Klas 19D geklassifiseer was.

Net ná die Tweede Wêreldoorlog is nog 50 lokomotiewe bestel by Robert Stephenson and Hawthorn Ltd. Hulle was identies aan die vooroorlogse Klas 19D modelle behalwe dat hulle toegerus was met vakuumremme. Daarna is nog 50 lokomotiewe bestel by North British Locomotive Company in 1949. Die lokomotiewe was toegerus met 'n silindriese Vanderbilt-tipe kolewa. Die kolewa was toegerus met seswiel Buckeye-draaistelle.

Gedurende 1979 is daar geëksperimenteer met 'n Klas 19D-lokomotief. 'n Lempor-uitlaatstelsel is aangebring en die steenkoolverbruik is verminder deur die toevoeging van 'n gasgedrewe vuurkas. Die sukses wat met die eksperiment behaal is het gelei tot die ontwikkeling van die Klas 26-stoomlokomotief.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Paxton, Leith & Bourne, David: Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
  2. Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 57–58. ISBN 978-0-7153-5427-8
  3. South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, pp. 21 & 21A, soos gewysig.