Gereformeerde kerk Port Elizabeth
Gereformeerde Kerk Port Elizabeth | ||
Sluit in | Port Elizabeth | |
Klassis | Karoo-Kei | |
Huidige predikant(e) | Karel Steyn | |
Belydende lidmate | 354 | |
Dooplidmate | 71 | |
Adres | H.v. Southey- en Brunswickstraat Adcockvale Port Elizabeth | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 21 Desember 1929 | |
Afgestig van | Middelburg, Kaap | |
Eerste predikant | J.F. du Plooy 1933–1936 |
Die Gereformeerde kerk Port Elizabeth is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk in die Oos-Kaapse hawestad Port Elizabeth (nou Gqeberha).
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Port Elizabeth was eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, maar het op 21 Desember 1929 van dié gemeente afgestig. Van 1937 af het die gemeente ’n Duitse kerkie in die middedorp gehuur, wat 18 jaar gebruik is vir byeenkomste en eredienste. In 1958 het die gemeente die huidige kerkgebou in Adcockvale in gebruik geneem. Die argitek was Pieter van Rooyen, ’n lidmaat van die gemeente.
Eers in 1973 kon die gemeente ’n orrel in gebruik neem. In 1978 het die ingebruikneming van ’n gemeentesentrum langs die kerkgebou aan die beurt gekom. In 1991 het die kerkraad as bouaannemer opgetree tydens die vergroting van die kerkgebou met twee vleuels.
Lidmaattal
[wysig | wysig bron]Die jaartal by die onderstaande syfers dui op die jaar waarin dit in die Gereformeerde Kerk se Almanak verskyn het; nie op die jaar waarin die lidmate getel is nie.
Jaartal | Dooplidmate | Belydende Lidm. | Sieletal |
---|---|---|---|
1959 | 96 | 141 | 237 |
1998 | 118 | 417 | 535 |
2002 | 89 | 370 | 459 |
2012 | 98 | 400 | 498 |
2014 | 85 | 401 | 486 |
2017 | 77 | 396 | 473 |
Predikante
[wysig | wysig bron]- Du Plooy, Jan Frederick, 1933 – 1936 (leraar van Oos-Londen)
- Kruger, Herculaas Frederik Venter, 1937 – 1942 (leraar van Oos-Londen)
- Du Plessis, dr. Sarel Jacobus, 1946 – 1947
- Snyman, Nicolaas Tjaart, 1948 – 1949
- Venter, Willem, 1950 – 1952
- Venter, dr. Mechiêl, 1954 – 1958
- De Bruyn, Frans Roelof Petrus, 1958 – 1964
- De Wet, Petrus Johannes, 1964 – 1971
- Venter, Petrus Albertus, 1971 – 1981
- Kruger, Jan Adriaan, 1981 – 1988
- Postma, Dirk, 1988 – 1996
- Lion-Cachet, dr. Jan, 1996 – 2002
- Van Rooy, Henri Charles, 2002 – 2007
- Potgieter, Theunis Johannes, 2008 – 2022
- Steyn, Karel, 3 September 2022 – hede
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.