George Russell
George Russell | |
---|---|
Russell in 2021
| |
Geboortedatum | 15 Februarie 1998 |
Geboorteplek | King's Lynn, Norfolk, Engeland |
Nasionaliteit | Brit |
Ou span(ne) | Williams-Mercedes |
Span in 2024 | Mercedes |
Motornommer | 63 |
Inskrywings | 126 (126 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 3 |
Podiums | 15 |
Loopbaanpunte | 686 |
Voorste wegspronge | 4 |
Vinnigste rondtes | 8 |
Eerste F1-wedren | 2019 Australiese Grand Prix |
Eerste wen | 2022 São Paulo Grand Prix |
Laaste wen | 2024 Las Vegas Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Las Vegas Grand Prix |
Laaste seisoen | 2023 |
Verlede jaar plek | 8ste (175 punte) |
George Russell (gebore 15 Februarie 1998) is 'n Britse professionele motorrenjaer wat aan Formule Een Grands Prix deelneem. Hy het in 2022 by die Mercedes AMG fabriekspan aangesluit in die plek van die Finse renjaer Valtteri Bottas, wat na Alfa Romeo vertrek het.
Hy het tot 2021 vir die Williams-Mercedesspan deelgeneem.
Formule 2-loopbaan
[wysig | wysig bron]In 2018 het Russell oorbeweeg na Formule 2, waar hy, soos Jack Aitken, sy vennootskap met ART Grand Prix voortgesit het. Hy het altesaam sewe wedrenne gewen by die Bakoe-straatrenbaan, die Barcelona-Catalunya-renbaan, die Paul Ricard-renbaan, die Red Bull Ring, die Autodromo Nazionale Monza, die Sochi Autodrom en die Yas Marina-renbaan. Hy was ook in vier ander wedrenne op die podium en is as die klaskampioen in die voorlaaste wedren by Yas Marina gekroon. Met 287 punte was hy 68 punte voor Lando Norris, die nommer twee op die finale ranglys.
Formule 1-loopbaan
[wysig | wysig bron]In 2017 is Russell toegelaat om aan die eerste vrye oefensessie saam met die Force India-span deel te neem tydens die laaste twee Formule 1-renne van die seisoen in Brasilië en Aboe Dhabi.[1]
In 2018 was Russell die amptelike reserwebestuurder van Mercedes. In 2019 het hy sy Formule 1-rendebuut as jaer by Williams gemaak.[2]
Van 4 tot 6 Desember het Russell vir Lewis Hamilton tydens die 2020 Sakhir Grand Prix in die Mercedesspan vervang, aangesien Hamilton positief getoets het vir die COVID-19-virus.[3] In dié wedren het Russell sy eerste punte in Formule 1 aangeteken.
Op 7 September 2021 is aangekondig dat Russell die tweede jaer in die Mercedes-span sou wees, vanaf die 2022-seisoen, en dus Hamilton se spanmaat.
Formule 1-uitslae
[wysig | wysig bron]
|
|
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2017 | Sahara Force India | Force India VJM10 | Mercedes M08 EQ Power+ V6 | AUS |
CHN |
BHR |
RUS |
SPA |
MON |
KAN |
AZE |
OOS |
GBR |
HON |
BEL |
ITA |
SIN |
MAL |
JPN |
VSA |
MEX |
BRA TC |
ABU TC |
- | - | ||||
2019 | ROKiT Williams Racing | Williams FW42 | Mercedes-AMG F1 M10 EQ Power+ V6 | AUS 16 |
BHR 15 |
CHN 16 |
AZE 15 |
SPA 17 |
MON 15 |
KAN 16 |
FRA 19 |
OOS 18 |
GBR 14 |
DUI 11 |
HON 16 |
BEL 15 |
ITA 14 |
SIN DNF |
RUS DNF |
JPN 16 |
MEX 16 |
VSA 17 |
BRA 12 |
ABU 17 |
20 | 0 | |||
2020 | Williams Racing | Williams FW43 | Mercedes-AMG F1 M11 EQ Performance V6 | OOS DNF |
STI 16 |
HON 18 |
GBR 12 |
70J 18 |
SPA 17 |
BEL DNF |
ITA 14 |
TOS 11 |
RUS 18 |
EIF DNF |
POR 14 |
EMI DNF |
TUR 16 |
BHR 12 |
ABU 15 |
18 | 3 | ||||||||
Mercedes | Mercedes-AMG F1 W11 EQ Performance | SAK 9V |
|||||||||||||||||||||||||||
2021 | Williams Racing | Williams FW43B | Mercedes-AMG F1 M12 E Performance V6 | BHR 14 |
EMI DNF |
POR 16 |
SPA 14 |
MON 14 |
AZE 17 |
FRA 12 |
STI DNF |
OOS 11 |
GBR 12 |
HON 8 |
BEL 2‡ |
NED 17 |
ITA 9 |
RUS 10 |
TUR 15 |
VSA 14 |
MXS 16 |
SAP 13 |
KAT 17 |
SAU DNF |
ABU DNF |
15 | 16 | ||
2022 | Mercedes | Mercedes AMG F1 W13 |
Mercedes-AMG F1 M13 E Performance V6 |
BHR 4 |
SAU 5 |
AUS 3 |
EMI 4 |
MIA 5 |
SPA 3 |
MON 5 |
AZE 3 |
KAN 4 |
GBR DNF |
OOS 44 |
FRA 3 |
HON 3 |
BEL 2 |
NED 2 |
ITA 3 |
SIN 14V |
JPN 8 |
VSA 5V |
MXS 4V |
SAP 11V |
ABU 5 |
4 | 275 | ||
2023 | Mercedes | Mercedes AMG F1 W14 |
Mercedes-AMG F1 M14 E Performance V6 |
BHR 7 |
SAU 4 |
AUS DNF |
AZE 48V |
MIA 4 |
MON 5 |
SPA 3 |
KAN DNF |
OOS 7 |
GBR 5 |
HON 6 |
BEL 86 |
NED 17 |
ITA 5 |
SIN 16† |
JPN 7 |
KAT 44 |
VSA 85 |
MXS 6 |
SAP DNF |
LSV 8 |
ABU 3 |
8 | 175 | ||
2024 | Mercedes | Mercedes AMG F1 W15 |
Mercedes F1 M15 E Performance 1.6 V6 t |
BHR 5 |
SAU 6 |
AUS 17† |
JPN 7 |
CHN 86 |
MIA 8 |
EMI 7V |
MON 5 |
KAN 3P |
SPA 4 |
OOS 41 |
GBR DNFP |
HON 8V |
BEL DSQ |
NED 7 |
ITA 7 |
AZE 3 |
SIN 4 |
VSA 56 |
MXS 5 |
SAP 64 |
LSV 1P |
KAT |
ABU |
6* | 217* |
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
- * Seisoen nog aan die gang.
- *1 Wenner van die snelkwalifisering.
- † Uitgeval, maar wel geklassifiseer omdat hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
- ‡ Halwe punte is toegeken in België in 2021 na 'n verkorte wedren weens swaar reën.