Gaan na inhoud

Emund die Oue

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Emund die Oue
Koning van Swede
Bewind c. 1050-1060
Voorganger Anund Jakob
Opvolger Stenkil
Oorlede c. 1060
Vader Olof Skötkonung
Koningshuis Huis van Munsö
Eggenote Astrid Njalsdotter (?)

Emund die Oue of Edmund (Sweeds: Emund den gamle) was van omstreeks 1050 tot omstreeks 1060 koning van Swede.[1] Hy was die seun van Olof Skötkonung en het sy broer, Anund Jakob, opgevolg. Sy kort bewind is gekenmerk deur onmin oor kerkbeleide en 'n afbakening van die Sweeds-Deense grens waaroor histories gedebatteer word.

Hy het twee bekende kinders gehad: Anund, wat voor sy vader oorlede is, en 'n dogter wie se naam nie bekend is nie, maar die eggenote was van koning Stenkil van Swede.[2]

Emund was die laaste koning van die antieke Huis van Munsö. Hy het tot minstens die somer van 1060 nog gelewe, en is waarskynlik kort daarna dood.[3] Volgens Adam van Bremen is hy opgevolg deur sy "nefie of stiefseun", of waarskynlik sy skoonseun, Stenkil. Met sy bewind het 'n nuwe dinastie begin wat tot die 1120's geduur het.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Odelberg, Maj (1995), "Emund gamle", Vikingatidens ABC, Swedish Museum of National Antiquities, ISBN 91-7192-984-3, archived from the original on 2007-09-30, https://web.archive.org/web/20070930014619/http://histvarld.historiska.se/histvarld/sok/artikel.asp?id=10262 
  2. Stenkil, Kung i Sverige (Nordisk familjebok)
  3. Adam av Bremen (1984), p. 275.
  4. Adam av Bremen (1984), p. 140-3 (Boek III, hoofstuk 15-16).

Skakels

[wysig | wysig bron]
Voorganger
Anund Jakob
Sweedse koning Opvolger
Stenkil