Edgar Allan Poe
Edgar Allan Poe | |
---|---|
Gebore | Edgar Poe 19 Januarie 1809 |
Sterf | 7 Oktober 1849 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Skrywer, digter, uitgewer en literatuurkritikus |
Eggenoot | Virginia Eliza Clemm Poe |
Ouer(s) | Elizabeth "Eliza" Arnold, Jr. Hopkins Poe en David Poe, Jr. |
Handtekening | |
Edgar Allan Poe ([poʊ]; gebore as Edgar Poe; * 19 Januarie 1809, † 7 Oktober 1849) was 'n Amerikaanse skrywer, digter, uitgewer en literatuurkritikus wie se werk as 'n deel van die Amerikaanse literêre Romantiek beskou word.
Poe is veral bekend vir sy misterieuse en makabere verhaalkuns, maar hy was ook een van die eerste Amerikaanse skrywers wat die kortverhaal as literêre genre begin vestig het. Daarnaas word hy as die grondlegger van die moderne speurverhaal beskou en het hy ook bydraes gelewer tot die nuut ontluikende genre van wetenskapsfiksie.
Poe was die eerste welbekende Amerikaanse skrywer wat uitsluitlik met sy skryfkuns 'n bestaan probeer maak het. Maar sukses was hom in sy leeftyd nie regtig beskore nie sodat hy knaend geldelike probleme gehad het.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Jeffrey Meyers: Edgar Allan Poe: His life and legacy. Sagtebanduitgawe. New York: Cooper Square Press 1992, bl. 138