Gaan na inhoud

Australiese voetbal in Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Australiese voetbal word sedert 1997 professioneel in Suid-Afrika gespeel. Die sport is volgens navorsing die eerste keer in die 1880's in Suid-Afrika bekendgestel. Die sport het egter later gekwyn weens Australië en Nieu-Seeland se gebrek aan erkenning. In 1997 is die sport weer ingestel en het dit vinnig gegroei, veral in Noordwes, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Suid-Afrika se nasionale span staan bekend as die Leeus, en neem deel aan die Australiese Voetbal Internasionale Beker. Daar is ook 'n plaaslike Auskick-program vir juniors genaamd "FootyWild".

Nasionale span

[wysig | wysig bron]
Suid-Afrika se nasionale span staan in tou vir die volkslied.

Ligas

[wysig | wysig bron]
  • Gautengse Provinsiale Australiese Voetballiga
  • Noordwes Provinsiale Australiese Voetballiga

Promosiewedstryde

[wysig | wysig bron]

Die Australian Football League (AFL) het twee promosiewedstryde in Suid-Afrika gespeel. Die eerste wedstryd was 'n voorseisoense wedstryd wat op 22 Februarie, 1998 in Kaapstad op Nuweland-krieketveld, tussen die Brisbane Lions en die Fremantle Dockers gespeel is. Hierdie wedstryd is deur 10, 123 toeskouers bygewoon. Die tweede wedstryd was 'n voorseisoense oefenwedstryd wat op 2 Februarie 2008 in Centurion (naby Pretoria) op SuperSport-park, tussen die Carlton Blues en die Fremantle Dockers gespeel is. Hierdie wedstryd is deur 5,222 toeskouers bygewoon.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Northey, Brett (3 Februarie 2008). "Dockers down Blues in Pretoria" (in Engels). World Footy News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2008. {{cite web}}: |archive-date= / |archive-url= timestamp mismatch (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]