1792
Voorkoms
1792 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1787 | 1788 | 1789 | 1790 | 1791 | ◄ 1792 ► | 1793 | 1794 | 1795 | 1796 | 1797 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1792 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Keiser Leopold II | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1792 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 92ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 19 Maart – Pous Pius VI publiseer In gravissimis oor die oppergesag van die pous en Novae hae litterae oor die toestand van die Franse kerk.
- 4 April – Pous Pius VI publiseer Ubi Communis teen die Franse grondwet.
- 19 April – Pous Pius VI publiseer Dum nos teen die Franse Nasionale Vergadering.
- 25 April – La Marseillaise (Franse volkslied) word gekomponeer.
- 17 Mei – Die New Yorkse Effektebeurs (Engels: New York Stock Exchange) word gestig.
- 30 Mei – Pous Pius VI publiseer Quo flucto met reëlings vir die bediening van die sakramente, weens die verbod daarop in Frankryk.
- 1 Junie – Kentucky word die 15de deelstaat van die Verenigde State.
- 13 Junie – Pous Pius VI publiseer Ubi Lutetiam die vervolg op sy brief van 19 April.
- 18 Junie – Pous Pius VI stel Giovanni Battista Caprara, titulêraartsbiskop van Iconio, aan as kardinaal.
- 13 Oktober – Die hoeksteen van die Withuis, die ampswoning en kantoor van Amerikaanse presidente, word in Washington, D.C. gelê.
- 24 November – Pous Pius VI publiseer Quae causa met die afkondiging van 'n aflaat.
- 10 Desember – Pous Pius VI publiseer Perpensis circumstantiis oor die toestand in Frankryk.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 29 Februarie – Gioachino Rossini, Italiaanse komponis († 1868).
- 7 Maart – John Herschel, 'n Britse wiskundige, sterrekundige, apteker en eksperimentele fotograaf/uitvinder († 1871).
- 13 Mei – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX), die 255ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1878).
- 6 Julie – Andries Stockenström, luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie van die Kaapkolonie († 1864).
- 4 Augustus – Percy Bysshe Shelley, Engelse digter († 1822).
- 19 Desember – Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het († 1852).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1 Maart – Leopold II, Heilige Romeinse Keiser (* 1747).
- 26/27 Maart – Friedrich Ludwig Benda, Duitse violis en komponis (* 1746).
- 3 Augustus – Richard Arkwright, Engelse uitvinder en toonaangewende entrepreneur (* 1732).
- 28 Oktober – Paul Heinrich Gerhard Möhring, Duitse dokter, plantkundige en dierkundige (* 1710).