Gaan na inhoud

Я

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cyrilliese letter Я
Cyrilliese alfabet
А Б В Г Ґ Д Ђ
Ѓ Е Ё Є Ж Ѕ З
И І Ї Й Ј К Л
Љ М Н Њ О П Р
С Т Ћ Ќ У Ў Ф
Х Ц Ч Џ Ш Щ Ъ
Ы Ь Э Ю Я    
Ou letters
Ҁ Ѹ Ѡ Ѻ Ѿ Ѣ  
Ѥ Ѧ Ѫ Ѩ Ѭ Ѯ Ѱ
Ѵ Ѷ Ѳ        

Я (kleinletter: я) is sedert die taalhervormings van Pieter die Grote van Rusland ’n letter van die Cyrilliese alfabet en word gebruik in Russies, Belarussies en Oekraïens. Dit word uitgespreek as /ja/.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
’n Bladsy waarop Pieter die Grote die letter я behou en die ander twee vorms doodgekrap het.

In die ou Cyrilliese alfabet was /ja/ die letter Ѧ ѧ (ѧсъ малый, "klein joes") en het dit soms die syfer 900 voorgestel. Dit is aanvanklik as /ę/ getranslitereer. Die geskiedenis van die letter verskil van taal tot taal. In Serwies en Bulgaars het dit meestal /e/ geword. Onder die Oos-Slawiërs het dit waarskynlik ’n /æ/ geword wat die voorafgaande konsonant gepalataliseer het. Later het dit met /a/ verbind en ѧ het daarna /a/ aangedui ná ’n gepalataliseerde konsonant of /ja/ aan die begin van ’n woord. Daar het egter reeds ’n letter vir dié klank bestaan: .

Die twee letters was dus ekwivalente. In Russiese kursiewe skrif het die linkerkantse been van ѧ mettertyd korter geword en later heeltemal verdwyn en die middelste been het meer links geskuif. So het die letter sy я-vorm gekry.

In voorstelle vir ’n burgerlike skrif wat in 1708 aan Pieter die Grote voorgelê is, het al drie vorms verskyn. Pieter het net die vorm я behou en die ander twee doodgekrap, en so het laasgenoemde vorm deel van die nuwe Russiese alfabet geword. Dit is later ook vir Oekraïens en Belarussies aanvaar.