Gaan na inhoud

Saag: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Addbot (besprekings | bydraes)
k Verplasing van 58 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q125356
k Wêreldspektrum-skakel, replaced: * Wêreldspektrum, 1982 → * Wêreldspektrum, 1982 using AWB
 
(9 wysigings tussenin deur 7 gebruikers nie gewys nie)
Lyn 1: Lyn 1:
[[Lêer:US Navy 040320-N-1261P-034 Builder 1st Class Joseph Migues works to reconstruct a new base-camp for Naval Mobile Construction Battalion Seventy Four (NMCB-74).jpg|thumb|regs|250px|'n Handsaag word gebruik om hout te saag.]]
[[Lêer:US Navy 080823-N-1328S-001 Builder 2nd Class Gabriel Kelley, assigned to Navy Mobile Construction Battalion (NMCB) 133, cuts wood planks for the reconstruction of Mwan Elementary School during a Pacific Partnership engineering.jpg|duimnael|regs|300px|'n Handsaag word gebruik om hout mee te saag.]]


'n '''Saag''' is 'n stuk gereedskap wat gebuik word om deur dinge, soos [[hout]] of [[metaal]] te sny. Die saag beskik oor 'n handvatsel en 'n lem met skerp tande daarin.
'n '''Saag''' is 'n stuk gereedskap wat gebruik word om deur dinge, soos [[hout]] of [[metaal]] te sny. Die saag beskik oor 'n handvatsel en 'n lem met skerp tande daarin geslyp.


Sae word in verskeie beroepe gebruik, onder ander deur houtwerkers, slagters en chirurge. Dit word soms tot geruik om [[Boeremusiek]] mee te speel, alhoewel dit nie is waarvoor dit bedoel is nie.
Sae word in verskeie beroepe gebruik, onder andere deur houtwerkers, bouers, slagters en snydokters. Dit word soms selfs gebruik om [[boeremusiek]] mee te speel, alhoewel dit nie eintlik daarvoor ontwerp is nie.


Daar is verskillende soorte sae. Sommige is handgereedskap wat met spierkrag aangedryf word, terwyl ander soos kettingsae met 'n elektriese of dieselmotor aangedryf word. Sae met growwe tande word gebruik om hout te saag, terwyl fyner tande nodig is om deur metaal te saag.
Daar is verskillende soorte sae. Sommige is handgereedskap wat spierkrag benodig, terwyl ander soos rolsae en [[kettingsaag|kettingsae]] met 'n elektriese of petrolmotor aangedryf word. Sae met growwe tande word gebruik om hout te saag, terwyl fyner tande nodig is om deur metaal te saag.


Sae is gevaarlik omdat dit skerp tande het en moet met groot omsigtigheid hanteer word om beserings te vermy. Dele van die voorwerp wat gesaag word kan ook los spat en beserings veroorsaak. Beskermende kleredrag soos handskoene en brille moet gedra word om beserings te vermy.
Sae is gevaarlike items omdat dit skerp tande het en moet met omsigtigheid hanteer word om beserings te vermy. Dele van die voorwerp wat gesaag word kan ook losspat en beserings veroorsaak. Beskermende kleredrag soos handskoene en 'n veiligheidsbril moet gedra word om beserings te voorkom.


[[Lêer:Crosscut saw.JPG|thumb|centre|400px|'n Handsaag.]]
[[Lêer:Crosscut saw.JPG|duimnael|centre|450px|'n Handsaag.]]


== Handsae ==
{{Saadjie}}
'n Bekende handsaag is die kloofsaag, wat byvoorbeeld dikwels deur skrynwerkers gebruik word vir algemene konstruksiewerk. Die saag het growwe tande wat breed geset is, sodat 'n wye snit verkry word. Die kap- of rugsaag is kleiner as die kloofsaag en het fyner tande.

Dit word vir fyn werk (meubels, kabinette, ensovoorts) gebruik en het 'n versterking in die blad (rug) sodat reguit snitte daarmee gemaak kan word. Die skropsaag het 'n smal lem wat in 'n dun punt eindig en kan gebruik word om ronde gate mee te saag. Die saag het dikwels ook growwe tande en word dan veral vir die snoei van bome gebruik.

Die figuursaag het 'n dun lemmetjie wat in 'n raam gespan word. Daardeur het die lem heelwat bewegingsvryheid en kan allerlei figure in materiaal uitgesaag word. Die ystersaag het fyn tande waarmee die fyn kristalstruktuur van metale maklik gekloof kan word. Metale soos koper en lood saag egter moeilik en is geneig om tussen die saaglemtande aan te pak.

== Masjiensae ==
Masjiensae sluit sterkarmsae, bandsae en sirkelsae in. By die sterkraamsaag word die lem in 'n swaar raamwerk gespan en die saagaksie word bewerkstellig deur 'n heen-en-weer-gaande beweging. Dit word veral vir die saag van dik ysterstawe en –pype gebruik.

Die bandsaag bestaan uit 'n smal, buigbare lem wat oor 2 rollers loop. Dit word veral vir fyn saagwerk gebruik en figure kan selfs daarmee gesaag word. Sirkelsae het ronde, vinnig roterende lemme en word dikwels vir houtwerk gebruik. Breë snitte (tot ongeveer 5 mm breed) word daarmee verkry.

'n Sirkelsaag met verharde tande kan egter teen lae toeretalle ook gebruik word om metale mee te saag. 'n Aangepaste sterkarmsaag, die raamsaag, word dikwels van meer as een lem voorsien en vir die saag van boomstompe by saagmeulens gebruik. Dit kan verstel word om verskillende diktes planke te lewer.

== Sien ook ==
*[[Figuursaag]]

== Bronnelys ==
* [[Wêreldspektrum]], 1982, ISBN 0908409656, volume 24, bl. 195
{{Commonskat|Hand saws}}
{{Commonskat|Hand saws}}
{{Wikt|saag}}

{{Normdata}}


[[Kategorie:Gereedskap]]
[[Kategorie:Gereedskap]]

Huidige wysiging sedert 19:44, 8 Mei 2024

'n Handsaag word gebruik om hout mee te saag.

'n Saag is 'n stuk gereedskap wat gebruik word om deur dinge, soos hout of metaal te sny. Die saag beskik oor 'n handvatsel en 'n lem met skerp tande daarin geslyp.

Sae word in verskeie beroepe gebruik, onder andere deur houtwerkers, bouers, slagters en snydokters. Dit word soms selfs gebruik om boeremusiek mee te speel, alhoewel dit nie eintlik daarvoor ontwerp is nie.

Daar is verskillende soorte sae. Sommige is handgereedskap wat spierkrag benodig, terwyl ander soos rolsae en kettingsae met 'n elektriese of petrolmotor aangedryf word. Sae met growwe tande word gebruik om hout te saag, terwyl fyner tande nodig is om deur metaal te saag.

Sae is gevaarlike items omdat dit skerp tande het en moet met omsigtigheid hanteer word om beserings te vermy. Dele van die voorwerp wat gesaag word kan ook losspat en beserings veroorsaak. Beskermende kleredrag soos handskoene en 'n veiligheidsbril moet gedra word om beserings te voorkom.

'n Handsaag.

Handsae

[wysig | wysig bron]

'n Bekende handsaag is die kloofsaag, wat byvoorbeeld dikwels deur skrynwerkers gebruik word vir algemene konstruksiewerk. Die saag het growwe tande wat breed geset is, sodat 'n wye snit verkry word. Die kap- of rugsaag is kleiner as die kloofsaag en het fyner tande.

Dit word vir fyn werk (meubels, kabinette, ensovoorts) gebruik en het 'n versterking in die blad (rug) sodat reguit snitte daarmee gemaak kan word. Die skropsaag het 'n smal lem wat in 'n dun punt eindig en kan gebruik word om ronde gate mee te saag. Die saag het dikwels ook growwe tande en word dan veral vir die snoei van bome gebruik.

Die figuursaag het 'n dun lemmetjie wat in 'n raam gespan word. Daardeur het die lem heelwat bewegingsvryheid en kan allerlei figure in materiaal uitgesaag word. Die ystersaag het fyn tande waarmee die fyn kristalstruktuur van metale maklik gekloof kan word. Metale soos koper en lood saag egter moeilik en is geneig om tussen die saaglemtande aan te pak.

Masjiensae

[wysig | wysig bron]

Masjiensae sluit sterkarmsae, bandsae en sirkelsae in. By die sterkraamsaag word die lem in 'n swaar raamwerk gespan en die saagaksie word bewerkstellig deur 'n heen-en-weer-gaande beweging. Dit word veral vir die saag van dik ysterstawe en –pype gebruik.

Die bandsaag bestaan uit 'n smal, buigbare lem wat oor 2 rollers loop. Dit word veral vir fyn saagwerk gebruik en figure kan selfs daarmee gesaag word. Sirkelsae het ronde, vinnig roterende lemme en word dikwels vir houtwerk gebruik. Breë snitte (tot ongeveer 5 mm breed) word daarmee verkry.

'n Sirkelsaag met verharde tande kan egter teen lae toeretalle ook gebruik word om metale mee te saag. 'n Aangepaste sterkarmsaag, die raamsaag, word dikwels van meer as een lem voorsien en vir die saag van boomstompe by saagmeulens gebruik. Dit kan verstel word om verskillende diktes planke te lewer.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]