William Walton
Sir William Turner Walton, OM (29 Maart 1902 – 8 Maart 1983) was 'n Engelse komponis. Gedurende sy loopbaan van sestig jaar het hy musiek in verskeie klassieke genres en style geskryf; van musiek vir rolprente tot opera.
Walton is gebore in 'n musikale gesin in Oldham, Lancashire, as die tweede seun in 'n gesin van drie seuns en 'n dogter. Sy vader, Charles Alexander Walton, was 'n musikant wat aan die Royal Manchester College of Music onder Charles Hallé opgelei is, en 'n bestaan gemaak het as sangonderwyser en kerkorrelis. Charles se vrou, Louisa Maria (née Turner), was 'n sangeres voor hul huwelik.[1]
Walton se musikale talente is raakgesien toe hy nog 'n jong seun was. Hy het klavier- en vioollesse geneem, alhoewel hy nooit een van die instrumente bemeester het nie. Hy was meer suksesvol as sanger:[2] Hy en sy ouer broer het in hul vader se koor gesing en deelgeneem aan opvoerings van grootskaalse werke deur Händel, Haydn, Mendelssohn en ander.[3]
Sy vroegste werk van statuur, Façade, is geskryf in samewerking met Edith Sitwell en het aan hom berugtheid besorg as 'n modernis. Dit was later 'n gewilde balletstuk.
In sy middeljare het Walton Groot-Brittanje verlaat en op die Italiaanse eiland Ischia gewoon saam met sy jong vrou Susana. Teen die tyd is hy nie meer beskou as 'n modernis nie, en sommige van sy werke van die 1950's is gekritiseer as oudmodies.
Sy vollengte-opera Troilus and Cressida was van die werke wat as oudmodies gesien is, en het min impak op operahuise gehad. In sy laaste jare het sy werke weer hernieude aandag geniet. Sy latere werke, wat deur kritici verwerp is tydens hul eerste vertonings, is herwaardeer saam met van sy vroeëre werke.
Walton was 'n stadige werker en 'n perfeksionis, en derhalwe is die totale omvang van sy werk nie groot nie. Sy gewildste werke word nog steeds gereeld uitgevoer in die 21ste eeu, en teen 2010 is al sy werke op CD vrygestel.
Van sy belangrikste werke is die begeleidende musiek vir Façade, 'n reeks gedigte deur Edith Sitwell, die kantate Belshazzar's Feast, die Concerto's vir onderskeidelik altviool, viool en tjello, die 1ste Simfonie, en die Britse koronasieliedere Crown Imperial en Orb and Sceptre.
Komposisies
wysigOrkeswerke
wysig- 1922 Façade, An Entertainment,
- 1925 Portsmouth Point, ouverture
- 1926 Siesta
- 1926 Façade, suite no.1
- Polka
- Valse
- Swiss jodelling song
- Tango - Paso doble
- Tarantella
- Sevillana
- 1926-1927 hersien 1943 Sinfonia concertante, vir orkes en klavier obbligato
- 1928-1929 hersien 1961 Concerto vir Altviool
- Andante comodo
- Vivo, con molto preciso
- Allegro moderato
- 1932-1935 Simfonie no.1 in B-mineur
- Allegro assai
- Presto, con malizia
- ?(Andante con malincolia)
- Finale: Brioso et ardentemente, vivacissimo, maestoso
- 1938 Façade, suite no.2
- Fanfare: Vivo
- Scotch rhapsody: Molto vivace
- Country dance: Allegretto piacevole
- Noche espagnol: Maestoso
- Popular song: Grazioso
- Old Sir Faulk: Tempo di fox-trot
- 1938-1939 Vioolconcerto (geskryf vir Jascha Heifetz)
- 1940 Music for children
- 1940 Scapino, comedy overture
- 1942 Spitfire, Prelude and Fugue (uit die rolprentmusiek: "The first of the Few")
- 1944 2 pieces for strings (uit die rolprentmusiek: Henry V [1944])
- 1953 Orb and Sceptre, koronasiemars
- 1956 Johannesburg Festival Overture
- 1956 Tjelloconcerto (geskryf vir Gregor Piatigorski)
- 1957 Partita
- 1959-1960 Simfonie no.2
- Allegro molto
- Lento assai
- Passcaglia - Thema: (Risoluto)
- Var. 1: Con slanice
- Var. 2: Scherzando
- Var. 3: L'istesso tempo
- Var. 4: Grazioso
- Var. 5: Agitato
- Var. 6:
- Var. 7: Impetuoso
- Var. 8: Tranquillo
- Var. 9: Lento
- Var.10: Risoluto - Fugato
- Coda: Scherzando - Presto - Maestoso
- 1962-1963 Variasies op 'n tema deur Paul Hindemith
- 1968 Capriccio burlesco
- 1969 Improvisasies op 'n Impromptu van Benjamin Britten
Werke vir harmonieorkes
wysig- 1937 Crown Imperial, koronasiemars
- 1953 Orb and Sceptre, koronasiemars
- 1956 Johannesburg Festival Overture
- Façade
- Spitfire, Prelude and Fugue
Teaterwerke
wysigOpera's
wysigVoltooi in | titel | bedrywe | première | libretto |
---|---|---|---|---|
1947-1954; | Troilus and Cressida | 3 bedrywe | 3 Desember 1954, Londen, Royal Opera House Covent Garden;
hersiene weergawe: 23 April 1963, Londen en; 12 November 1976, Londen |
Christopher Hassall, na Geoffrey Chaucer |
1965-1967 | The bear | 1 bedryf | 3 Junie 1967, Aldeburgh | Paul Dehn en die komponis na Anton Tsjechof |
Ballet
wysigVoltooi in | titel | bedrywe | première | libretto | choreografie |
---|---|---|---|---|---|
1935 | The First Shoot | 1935, Manchester | Osbert Sitwell | ||
1940 | The wise virgins;
(na musiek van Johann Sebastian Bach) |
1940, Londen | na die Nuwe Testament | ||
1943 | The quest | 1943, Londen | Doris Langley Moore, na Edmund Spenser |
Toneelmusiek
wysig- 1924-1925 A Son of Heaven, vir die toneelstuk van Lytton Strachey - première: 1925, Londen
- 1935 The Boy David, vir die toneelstuk van J.M. Barrie - première: 1936, Londen
- 1941-1942 Macbeth, vir die toneelstuk van William Shakespeare - première: 1942, Londen
Musiek vir (solostemme,) koor en orkes
wysig- 1930-1931 Belshazzar's Feast
- 1937 In honour of the city of London
- 1952-1953 Coronation Te Deum
- 1961 Gloria
- 1965 The 12
- 1966 Missa brevis
- 1972 Jubilate Deo
Musiek vir rolprent
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Aldous, Richard (2001). Tunes of glory: The life of Malcolm Sargent. Londen: Hutchinson. ISBN 978-0-09-180131-1.
- Cox, David (1967). "William Walton". In Simpson, Robert (red.). The Symphony: Elgar to the Present Day. Londen: Pelican. OCLC 221594461.
- Hoare, Philip (1995). Noël Coward. Londen: Sinclair Stevenson. ISBN 978-1-85619-265-1.
- Hussey, Dyneley (1957). "William Walton". In Bacharach, A L (red.). The Music Masters. Londen: Pelican Books. OCLC 655768838.
- Kennedy, Michael (1989). Portrait of Walton. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-816705-1.
- Lloyd, Stephen (2014). Constant Lambert: Beyond the Rio Grande. Woodbridge: : Boydell Press. ISBN 978-1-84383-898-2.
- Lucas, John (2008). Thomas Beecham. Woodbridge: Boydell. ISBN 978-1-84383-402-1.
- Mason, Colin (1946). "William Walton". In Bacharach, A L (red.). British Music of Our Time. Londen: Pelican. OCLC 458571770.
- Reid, Charles (1968). Malcolm Sargent: a biography. Hamish Hamilton. ISBN 978-0-241-91316-1.
- Sackville-West, Edward; Shawe-Taylor, Desmond (1956). The Record Guide. Londen: Collins. OCLC 500373060.
- Shore, Bernard (1938). The Orchestra Speaks. Londen: Longmans. OCLC 499119110.
- Strimple, Nick (2002). Choral music in the Twentieth Century. Portland, VSA: Amadeus Press. ISBN 978-1-57467-122-3.
- Walton, Susana (1989). William Walton: Behind the Façade. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-282635-0.
- White, Eric Walter (1984) [1966]. Stravinsky: The Composer and his Works (tweede uitg.). Berkeley, VSA: University of California Press. ISBN 978-0-520-03985-8.
- Wilkinson, James (2011). The Queen's Coronation: The Inside Story. Scala. ISBN 978-1-85759-735-6.
Verdere leesstof
wysig- Burton, Humphrey; Murray, Maureen (2002). William Walton: The Romantic Loner. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-816235-3.
- Craggs, Stewart R (1990). William Walton: A Catalogue. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-315474-2.
- Hayes, Malcolm, red. (2002). The Selected Letters of William Walton. Londen: Faber and Faber. ISBN 978-0-571-20105-1.
- Howes, Frank (1965). The Music of William Walton. Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-315412-4.
- Lloyd, Stephen (2002). William Walton: Muse of Fire. Woodbridge: Boydell. ISBN 978-0-85115-803-7.
- Petrocelli, Paolo (2010). The Resonance of a Small Voice: William Walton and the Violin Concerto in England between 1900 and 1940. Cambridge: Cambridge Scholars Publishing. ISBN 978-1-4438-1721-9.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |