Wes-Fries

Germaanse taal
 

Wes-Fries of Westerlauwers Fries ((Westerlauwersk) Frysk, Nederlands: (Westerlauwers) Fries) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur sowat 470 120 mense hoofsaaklik in die Nederlandse provinsies Friesland asook in Groningen gepraat word. Dit vorm saam met Nederlands die amptelike taal van Friesland (Fryslân). Die naam Westerlauwers Fries is afgelei van die historiese taalgrens langs die Lauwers-rivier in noordelike Nederland, wat dié taal van Oos-Fries geskei het, en vandag die grens van die twee provinsies Friesland en Groningen vorm.

Wes-Fries
(Westerlauwersk) Frysk
Gepraat in: Vlag van Nederland Nederland 
Gebied: Friesland
Groningen
Totale sprekers: 470 120[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Anglo-Fries
    Fries
     Wes-Fries 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Nederland Nederland
Gereguleer deur: Fryske Akademy
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NE Nie bedreig nie
Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: fy
ISO 639-2: fry
ISO 639-3: fry 
Huidige verspreiding van Friese tale: ██ Noord-Fries ██ Saterfries ██ Wes-Fries
Tweetalige padtekens in Friesland
Tweetalige padtekens in Drachten

Die naaste tale, wat nou aan Wes-Fries verwant is, is Noord- en Oos-Fries (hede net Saterland-Fries), wat uit Ou-Fries ontstaan het. Die naaste verwante tale is Engels en Skots, wat saam met die Friese tale die Anglo-Friese tale vorm.

Verwysings

wysig
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Frisian, Western" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 6 April 2016.

Eksterne skakels

wysig
 
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Wes-Fries
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale
Noord-Germaanse tale:
Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands
Wes-Germaanse tale:
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots
Oos-Germaanse tale:
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†)