Nikephoros I Logothetes
Nikephoros I of Nicephorus I Logothetes (Grieks: Νικηφόρος Α΄; oorl. 26 Julie 811) was die Bisantynse keiser van 802 tot met sy dood in 811. Hy was ook bekend as Genikos ("Bringer van Oorwinning").
Nikephoros I | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Muntstuk wat Nikephoros I en sy seun en opvolger, Staurakius, uitbeeld.
| |
Bewind | 802–811 |
Volle naam | Nikephoros I Logothetes |
Dinastie | Nikephoros |
Oorlede | 26 Julie 811 |
Voorganger | Irene van Athene |
Opvolger | Staurakius |
Kinders | Staurakius Prokopia |
Hy is deur keiserin Irene as minister van finansies (logothetes tou genikou) aangestel. Hy het haar bewind in 802 omvergewerp en is op 31 Oktober as keiser aangewys. Hy het sy seun, Staurakios, in 803 as medekeiser gekroon.
Nikephoros het die ryk gereorganiseer en op die Balkan Grieke van Anatolië gevestig om die grens te versterk. Hy het baie kapitaal nodig gehad om sy militêre magte te versterk en het dus hoë belastings gehef, wat hom ongewild gemaak het.
In 811 het Nikephoros Bulgarye binnegeval en die hoofstad, Pliska, geplunder. Op hul terugtog is die Bisantynse leër egter in ’n lokval gelei en Nikephoros het gesterf.
Gesin
wysigNikephoros I het minstens twee kinders by ’n onbekende vrou gehad:
- Staurakios, wat hom opgevolg het.
- Prokopia, wat getrou het met Michael I Rangabe, keiser van 811 tot 813.
Verwysings
wysig- The Oxford Dictionary of Byzantium, red. Alexander Kazhdan, Oxford University Press, 1991.
- Norwich, John J. (1991). Byzantium: The Apogee. Alfred A. Knopf, Inc. ISBN 0-394-53779-3.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia