Marikana
Marikana is 'n dorpie in die Noordwes, Suid-Afrika. Die dorpie is halfpad tussen Brits en Rustenburg en is geleë langs die hoofspoorlyn tussen die twee dorpe. Daar is verskeie platina-myne in die omgewing.
Marikana Rooikoppies | |
---|---|
Koördinate: 25°41′52″S 27°28′19″O / 25.69778°S 27.47194°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distriksmunisipaliteit | Bojanala Platinum |
Plaaslike Munisipaliteit | Rustenburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,54 km2 (6,77 vk. myl) |
Hoogte | ,8,2 m (2,6 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 19 522 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 0284 |
Skakelkodes | 014 |
Marikana is aangelê op die plaas Rooikoppies. Toe die spoorweg gebou is, het die verantwoordelike beampte na 'n naam vir die stasie gesoek. 'n Spruitjie nie ver van die stasie af nie heet Maretlani, 'n inheemse naam vir 'n struik wat in oorvloed groei. Die beampte kon nie dié naam korrek uitspreek nie en het dit vervorm tot "Marikani", wat later verander het in Marikana. Op 22 April 1944 het die Nederduitse Gereformeerde Kerk 'n gemeente hier gestig as Rustenburg-Oos, later Marikana genoem, wat 402 belydende lidmate gehad het in 2012. Die gemeente het intussen die bynaam Magaliesberg Gesinskerk gekry.
Die Marikana-slagting
wysig- Hoofartikel: Marikana-slagting
Verskeie mynwerkers van die AMCU-vakbond is op 16 Augustus 2012 by die Lonmin-myn deur die polisie doodgeskiet. Die polisie het probeer om geweldadige stakers wat op 'n heuwel saamgedrom het uitmekaar te jaag, waarna die skietery begin het. Vier-en-dertig betogers is in die voorval gedood.[2][3] Volgens die Azanian People's Organization herinner die slagting aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.[4]
- Area: 17.54 km2
- Bevolking: 19 522 (1 113.17 inwoners per km2)
- Huishoudings: 11 679 (666 per km2)
Geslag | Bevolking | % |
---|---|---|
Manlik | 12 232 | 63 |
Vroulik | 7 290 | 37 |
Ras | Bevolking | % |
---|---|---|
Swart | 19 199 | 98.35 |
Blank | 167 | 0.86 |
Asiërs | 90 | 0.46 |
Ander | 39 | 0.20 |
Kleurlinge | 28 | 0.14 |
Eerste taal | Sprekers | % |
---|---|---|
Xhosa | 5 854 | 30 |
Tswana | 3 837 | 20 |
Tsonga | 3 526 | 18 |
Suid-Sotho | 2 813 | 14 |
Noord-Sotho | 822 | 4.2 |
Zoeloe | 821 | 4.2 |
Swazi | 389 | 2.0 |
Engels | 379 | 1.9 |
Afrikaans | 249 | 1.3 |
Ander | 470 | 2.4 |
Sien ook
wysigBron
wysigVerwysings
wysig- ↑ Sensus 2011
- ↑ SAPD-Twitterboodskap
- ↑ More Than 30 Died in South Africa Mine Crackdown: Police[dooie skakel], New York Times, 17 Augustus 2012
- ↑ Massaslagting skok wêreld Geargiveer 22 September 2012 op Wayback Machine, PRAAG, 17 Augustus 2012
- ↑ Suid-Afrikaanse Sensus van 2011