Herbarium
'n Herbarium is 'n gebou waar monsters van gedroogde plante bewaar word, of 'n wetenskaplike instituut wat sulke monsters versamel en navors. 'n Gedroogde plant wat op 'n vel papier gemonteer is word ook 'n herbarium genoem. So 'n vel papier bevat gewoonlik die plant se algemene en botaniese name, oorsprong, datum en naam van die versamelaar, asook die persoon wat die identifikasie gedoen het.
'n Monster in 'n herbarium kan as bewys dien dat 'n bepaalde plantspesie gevind is. Dit kan ook ter kontrole gebruik word om ander monsters te identifiseer. Dit verg natuurlik ekstra kundigheid, omdat gedroogde plante anders as lewendige plante lyk. Gedroogde plante het 'n ander kleur en is platter omdat dit in 'n plantpers gedroog is.
Hoewel herbariums meestal gedroogde plante versamel, word ander metodes soms vir preservering ingespan. Plante kan byvoorbeeld ook in alkohol bewaar word.
Sien ook
wysig- Bolus Herbarium by die Universiteit van Kaapstad wat uit 350 000 plantspesies bestaan.
- Compton Herbarium by Kirstenbosch.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Herbarium.
- 'n Globale Gids van Openbare Herbaria en Geassosieerde Personeel Geargiveer 28 Desember 2009 op Wayback Machine