FC Hansa Lüneburg
Volledige naam | Fußballclub Hansa
Lüneburg von 2008 e.V. |
Stigtingsdatum | 1 Maart 2008 |
Tuisveld | Wilschenbruch, Lüneburg |
Kapasiteit | 7 000 |
Kompetisie | Oberliga Nedersakse-Oos |
FC Hansa Lüneburg is 'n sokkerklub uit Lüneburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland.
Geskiedenis
wysigDie klub het op 1 Maart 2008 ontstaan met die samesmelting van die sokkerafdelings van Lüneburger SK en Lüneburger SV. Luneburger SK was die meer prominente van die twee klubs wat sokker aanbetref. Beide klubs bestaan steeds afsonderlik voort as algemene sportklubs. Na die samesmelting het die nuwe klub Lüneburger SK se posisie in die nuwe Oberliga Nedersakse-Oos oorgeneem. Die klub se naam is gekies nadat die lesers van 'n plaaslike koerant, die Landeszeitung für die Lüneburger Heide 'n naam kon kies deur te stem. Die "Hansa" verwys na Lüneburg as lid van die Hanse.
Lüneburger SK
wysigDie klub is in 1901 gestig as Lüneburger Fussball-Klub. In 1912 is die naam verander na Lüneburger Sport-Klub von 1901. Die klub se grootste sukses was om die Oberliga Noord te haal vir een seisoen (1950/51), destyds die hoogste vlak. Ten tyde van die samesmelting het die klub in die Verbandsliga op die vyfde vlak van die sokkerstruktuur meegeding.
Lüneburger SV
wysigDie klub se oudste voorganger was Freien Sportvereinigung Lüneburg, wat in 1913 gestig is. In 1971 het die klub met Hagener Sportvereins saamgesmelt, gestig in 1926, om Lüneburger Sportvereinigung von 1913 te vorm. Ten tyde van die samesmelting het die klub in die Bezirksliga op die sewende vlak van die sokkerstruktuur meegeding.
Onlangse ligaposisionering (Lüneburger SK)
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen | |
SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – Rooiwit Cuxhaven – |