Platorandbroodboom
plantspesie
(Aangestuur vanaf Encephalartos brevifoliolatus)
Die Platorandbroodboom (Encephalartos brevifoliolatus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom het uitgesterf in sy natuurlike habitat, dit het voorgekom naby die Blyderivierspoort-natuurreservaat. Die word nou slegs in privaatversamelings gevind.
Platorandbroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. brevifoliolatus
|
Binomiale naam | |
Encephalartos brevifoliolatus Vorster, (1996)
|
Die plant se FSA-nommer is 3.3.[1] In Engels staan die broodboom as die Escarpment cycad bekend.