Cardiff Arms Park
Cardiff Arms Park (Wallies: Parc yr Arfau Caerdydd), ook bekend as Die Arms Park en BT Sport Cardiff Arms Park, is ’n veeldoelige stadion in Cardiff, Wallis. Die stadion is in 1969 geopen en is hoofsaaklik bekend as ’n rugbystadion hoewel daar ook ’n rolbalbaan is. Die Arms Park was in 1958 gasheer vir die Britse Ryk en Statebondspele en het ook vier wedstryde in die Rugbywêreldbeker 1991 gehuisves, waaronder die uitspeelwedstryd vir die derde plek. Die Arms Park was ook gasheer vir die inwydings-Heinekenbekereindstryd van 1995–’96 en ook vir die volgende jaar se eindstryd.
Cardiff Arms Park Parc yr Arfau Caerdydd | ||
Cardiff Arms Park met die Millennium-stadion op die agtergrond
| ||
Ligging | Cardiff, Wallis | |
---|---|---|
Koördinate | 51°28′47″N 3°11′1″W / 51.47972°N 3.18361°W | |
Eienaar | Cardiff Atletiekklub | |
Kapasiteit | 16 500 (1969)[1] 12 125 (vandag)[2] | |
Oppervlak | Kunsmatige sooi | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1967 | |
Geopen | 1969 | |
Argitek | Osborne V. Webb & Vennote | |
Hoofkontrakteurs | G.A. Williamson en Andrew Scott & Co. | |
Huurders | ||
Cardiff Blues (2003-2009), (2012-) Cardiff RVK (1969-) |
Die geskiedenis van die rugbyveld begin met die eerste terrasse wat in 1881–1882 vir toeskouers opgerig is.[3] Die Arms Park het oorspronklik ’n krieketovaal ten noorde en ’n rugbyveld ten suide gehad. Teen 1969 is die krieketovaal gesloop om plek te maak vir die hedendagse rugbyveld ten noorde en ’n tweede rugbyveld ten suide wat as die Nasionale Stadion bekend staan. Die Nasionale Stadion, wat deur die Walliese nasionale rugbyspan gebruik is, is op 7 April 1984 amptelik geopen, maar dit is in 1997 gesloop om plek te maak vir die Millennium-stadion wat gereed moes wees vir die Rugbywêreldbeker 1999, en dit het ook die nasionale stadion van Wallis geword. Die rugbyveld het die tuisveld van die semi-professionele Cardiff RVK gebly maar die professionele Cardiff Blues het in 2009 na Cardiff Stad-stadion geskuif waar hulle vir drie jaar vertoef het voor hulle teruggeskuif het na Cardiff Arms Park.
Die terrein word deur Cardiff Atletiekklub besit en het buiten rugby en krieket ook atletiek, voetbal, windhondwedrenne, tennis,[4] Britse bofbal en boks gehuisves. Die terrein het ook ’n rolbalbaan ten noorde van die rugbyveld wat deur Cardiff Atletiek Rolbalklub gebruik word.[5] Die Nasionale Stadion het ook verskeie musiekkonserte van kunstenaars soos Michael Jackson, David Bowie, Bon Jovi, The Rolling Stones en U2 gehuisves.
Rugby
wysigSlegs die rugbyveld en die Cardiff Atletiek Rolbalklub gebruik die naam Cardiff Arms Park. Die rugbyveld het twee hoofpawiljoene, die Noord- en Suidpawiljoen. Albei het terrasse onder die sitplekke.[6] Die ander pawiljoene is die Westgatestraat- (tans bekend as die Coastal Cottages Gesinspawiljoen),[6] wat rye stoele onder die eksklusiewe losies asook die klubwinkel huisves, en die Taffriviereinde (die Barry Nelmes-suite, vernoem na Barry Nelmes, voormalige kaptein van Cardiff RVK),[6][7] wat 26 eksklusiewe losies huisves.[8] Die rugbyveld het twee hoofingange, die suidingang en die Gwyn Nicholls Gedenkhek (Angel Hotel-ingang) wat op 26 Desember 1949 onthul is ter ere van die Walliese internasionale rugbyspeler Gwyn Nicholls.[9] Die Cardiff Atletiek-klubhuis is geleë in die hoek van veld, tussen die Suidpawiljoen en die Westgatestraateinde.
Wedstryde
wysigRugbywêreldbeker 1991
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 1991.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
6 Oktober 1991 | Wallis | 13–16 | Samoa | Groep 3 | 45 000 |
9 Oktober 1991 | Wallis | 16–7 | Argentinië | Groep 3 | 35 000 |
12 Oktober 1991 | Wallis | 3–38 | Australië | Groep 3 | 54 000 |
30 Oktober 1991 | Nieu-Seeland | 13–6 | Skotland | Halfeindstryde | 47 000 |
Rugbyliga-toetswedstryde
wysigDatum | Span 1 | Telling | Span 2 | Toernooi | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
26 Junie 1996 | Engeland | 26–12 | Wallis | Europese Rugbyliga-kampioenskap 1996 | 5 425 |
30 Oktober 2015 | Wallis | 14–6 | Frankryk | Europese Beker 2015 | 1 028 |
Verwysings
wysig- ↑ Thomas, Simon (22 Junie 2007). "Time Blues quit Arms Park?" (in Engels). icWales. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2008. Besoek op 1 April 2011.
- ↑ "Cardiff Blues ready to install temporary stands at Arms Park for Amlin Challenge Cup final as Bath and Northampton fans protest about venue" (in Engels). Wales Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Mei 2014.
- ↑ (en) Red Dragon (1912). Reminiscences of the Cardiff Rugby Football Club, "Opening ceremony of the new stands, Cardiff Arms Park", 5 Oktober 1912. Cardiff Rugbyvoetbalklub.
- ↑ "Naoorlogse ontwikkeling in Sophiatuine" (in Engels). Glamorgan County Krieketklub & Krieketargief. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2012. Besoek op 17 Maart 2008.
- ↑ "Ou stryde herleef oor plan vir gedeelde grond" (in Engels). WalesOnline. 25 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Mei 2013.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 "Sitplan" (in Engels). Cardiff Blues. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2019. Besoek op 2 Februarie 2016.
- ↑ "Amptelike openingseremonie van "Barry Nelmes"-gestremde suite by Cardiff Arms Park" (in Engels). Cardiff Blues. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 2 Februarie 2016.
- ↑ "Cardiff Blues, Cardiff Arms Park" (in Engels). T.S. Rigby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2012. Besoek op 24 Mei 2008.
- ↑ (en) "Dinamiese Walliese duo gaan in die Internasionale Heldesaal ingewy word". Scrum.com. Besoek op 25 Mei 2008.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cardiff Arms Park.