Anna van Pole
Anna van Pole, dikwels ook Anna Jagiellonica (Pools Anna Jagiellonka, Litaus Ona Jogailaitė) genoem; * 18 Oktober 1523 in Krakow; † 9 September 1596 in Warskou; was 'n Pools-Litause prinses uit die huis Jagiello en die dogter van koning Sigismund I.
Anna van Pole | |
---|---|
Koning van Pole en Grootvors van Litaue | |
Anna van Pole in haar bekroningsornaat
| |
Vorstehuis | Jagiello |
Titels | Anna, koning van Pole deur God se genade, Grootvors van Litaue |
Regeer | 15 Desember 1575 - 1586 |
Kroning | 1 Mei 1576 in Warskou |
Voorganger | Hendrik van Valois Interrex (1574-1575) |
Opvolger | Interrex (1586-1587) Sigismund III Wasa |
Volle naam | Anna Jagiellonka |
Gebore | 18 Oktober 1523; Krakow, Pole |
Oorlede | 9 September 1596; Warskou, Pole |
Begrawe | Wawel-katedraal, Krakow |
Eggenoot | Stefanus Báthory |
Vader | Sigismund I van Pole |
Moeder | Bona Sforza |
Handtekening |
Anna, die laaste lid van die Huis Jagiello, is saam met haar destydse verloofde Stefanus Báthory as mede-heerser in die tweede verkiesing van die Pools-Litause Gemenebes verkies. Sy het formeel vanaf 1575 tot met haar afsterwe as verkose staatshoof van Pole-Litaue ("koning" van Pole en grootvors van Litaue) geregeer.
Titel
wysigAnna se amptelike titel was, net soos dié van Hedwig van Pole, inderdaad Król Anna (Latyns: Anna Dei Rex Poloniae; "Anna van Gods Genade Koning van Pole") of "Koning Anna" aangesien sy in haar eie reg heerseres van die koninkryk was. Alle gekroonde hoofde van Pole het hierdie titel sonder aansien van geslag gedra. Die eggenotes van konings het die titel Królowa (Latyns: Regina Poloniae) gedra en eers met hul huwelik koningin geword.