Alfred Wegener
Alfred Lothar Wegener (* 1 November 1880 in Berlyn; † November 1930 in Groenland) was 'n Duitse weerkundige, poolnavorser en geowetenskaplike. As sy beduidendste bydrae tot die moderne wetenskap word sy teorie oor kontinentale verskuiwing beskou waarvoor hy eers postuum erkenning geniet het. Hierdie teorie vorm die basis vir die huidige model van plaat-tektoniek. Gedurende sy leeftyd het hy veral vir sy weerkundige navorsing asook sy pionierwerk op die gebied van poolnavorsing bekend gestaan.
Alfred Wegener | |
Alfred Wegener, omstreeks 1925
| |
Gebore | 1 November 1880 Berlyn, Duitse Keiserryk |
---|---|
Oorlede | November 1930 (op 50) Groenland |
Nasionaliteit | Duitsland |
Vakgebied | Meteorologie, Geologie, Sterrekunde |
Alma mater | Universiteit van Berlyn |
Doktorale promotor(s) | Julius Bauschinger |
Bekend vir | Kontinentverskuiwingsteorie |
Invloed op | Johannes Letzmann |
Handtekening |