1931
jaar
1931 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1926 | 1927 | 1928 | 1929 | 1930 | ◄ 1931 ► | 1932 | 1933 | 1934 | 1935 | 1936 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1931 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Japannese besetting van Mukden, Mantsjoerye | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1931 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 31ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 3 Februarie – Hawke's Bay-aardbewing: groot dele van die stede Napier en Hastings in Nieu-Seeland word platgevee deur 'n aardbewing van 7.9 op die Richterskaal; 256 mense sterf.
- 12 Februarie – Radio Vatikaan begin met uitsendings.
- 21 Februarie – Pous Pius XI verklaar Pous Benedictus XIII tot "Dienaar van God".
- 14 April – Die Cortes, die parlement in Madrid, kondig die tweede Spaanse republiek aan.
- 27 Mei – Die vlug van die Switserse professor August Piccard in die stratosfeer op 'n hoogte van 15 781 m bo seevlak breek die wêreldrekord.
- 31 Julie - Die Kalahari Gemsbok Nasionale Park word geproklameer.[1]
- 18 September – Die Mantsjoerye-insident vind plaas.
- 5 Desember – Katedraal van Christus die Verlosser in Moskou is vernietig deur 'n bevel van Josef Stalin.
- 11 Desember – Die Statuut van Westminster gee volkome wetlike onafhanklikheid aan Australië, Ierland, Kanada, Newfoundland, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.
Geboortes
wysig- 10 Januarie – Alex Boraine, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en destydse kerkleier († 2018).
- 29 Januarie – Richard Bakalyan, Amerikaanse akteur († 2015).
- 1 Februarie – Boris Jeltsin, Russiese politikus en eerste president van Rusland († 2007).
- 8 Februarie – James Dean, Amerikaanse akteur († 1955).
- 18 Februarie – Toni Morrison, Amerikaanse romanskryfster († 2019).
- 28 Februarie – Gavin MacLeod, Amerikaanse akteur († 2021).
- 2 Maart – Michail Gorbatsjof, Russiese politikus en invloedryke Sowjetleier († 2022).
- 5 Maart – Leon Rousseau, Afrikaanse skrywer en stigterslid van Human & Rousseau († 2016).
- 8 Maart – Neil Adcock, Suid-Afrikaanse krieketspeler († 2013).
- 10 Maart – Raymond Ackerman, Suid-Afrikaanse sakeman († 2023).
- 14 Maart – George Bartlett, Suid-Afrikaanse landbou-ingenieur en politikus († 2010).
- 18 Maart – Jürgen Schadeberg, Duits-gebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar († 2020).
- 26 Maart – Leonard Nimoy, Amerikaanse akteur, regisseur, digter, musikant en fotograaf († 2015).
- 27 Maart – David Janssen, Amerikaanse akteur († 1980).
- 27 Maart – Henno Cronjé, predikant en Afrikaanse skrywer († 2017).
- 15 April – Noreen Berry, Suid-Afrikaansgebore mezzosopraan († 2012).
- 15 April – Tomas Tranströmer, Sweedse digter en vertaler († 2015).
- 19 April – Kobie Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en Kabinetsminister († 2000).
- 6 Mei - Willie Mays, Amerikaanse bofbalspeler (s. 2024).
- 9 Mei – Vance D. Brand, Amerikaanse toetsvlieënier en ruimteman.
- 12 Mei – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar († 2020).
- 18 Mei – Robert Morse, Amerikaanse akteur († 2022).
- 19 Mei – David Wilkerson, Amerikaanse predikant, evangelis en skrywer († 2011).
- 24 Mei – Michael Lonsdale, Franse akteur († 2020).
- 3 Junie – John Norman, Amerikaanse skrywer.
- 3 Junie – Raúl Castro, Kubaanse politikus.
- 6 Junie – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan († 1992).
- 18 Junie − Fernando Henrique Cardoso, 34ste president van Brasilië.
- 20 Junie – Olympia Dukakis, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 2 Julie – Frank Williams, Amerikaanse akteur en skrywer († 2022).
- 15 Julie – Gene Louw, Suid-Afrikaanse politikus († 2015).[2]
- 23 Julie − Arata Isozaki, Japannese argitek.
- 1 Augustus – Trevor Goddard, Springbokkrieketkaptein († 2016).
- 2 Augustus – Ruth Maria Kubitschek, Duitse aktrise († 2024).
- 9 Augustus – Darius Dhlomo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politieke aktivis († 2015).
- 15 Augustus – Hugues C. Pernath, Vlaamse skrywer († 1975).
- 25 Augustus – Regis Philbin, Amerikaanse akteur († 2020).
- 30 Augustus – Derek Keys, Suid-Afrikaanse politikus († 2018).
- 10 September – Philip Baker Hall, Amerikaanse akteur († 2022).
- 13 September – Barbara Bain, Amerikaanse aktrise.
- 17 September – Anne Bancroft, Amerikaanse aktrise († 2005).
- 21 September – Larry Hagman, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2012).
- 24 September – Anthony Newley, Engelse sanger en akteur († 1999).
- 4 Oktober – Richard Rorty, Amerikaanse filosoof († 2007).
- 4 Oktober – Basil D'Oliveira, veelsydige bruin Suid-Afrikaanse krieketspeler († 2011).
- 7 Oktober – Desmond Tutu, Suid-Afrikaanse kerkleier en anti-apartheidaktivis († 2021).
- 9 Oktober – Magdalena K. P. Smith Meyer, 'n wêreldbekende Suid-Afrikaanse akaroloog († 2004).
- 19 Oktober – John le Carré, 'n Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale († 2020).
- 5 November – Charles Margrave Taylor, Kanadese filosoof.
- 15 November – Jan Terlouw, afgetrede Nederlandse politikus, fisikus en skrywer van Koning van Katoren.
- 15 November – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo († 2020).
- 24 November – Arthur Chaskalson, Suid-Afrikaanse regsgeleerde († 2012).
- 28 November – Renier van Rooyen, Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores († 2018).
- 29 November – Frank Mdlalose, eerste Premier van KwaZulu-Natal († 2021).
- 29 November – Koos Human, Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner († 2018).
- 14 Desember – Margaret Bakkes, Afrikaanse skrywer († 2016).
- 12 Desember – Jeff Masemola, Suid-Afrikaanse anti-Apartheidsaktivis († 1990).
- 14 Desember – Margaret Bakkes, Suid-Afrikaanse skrywer († 2016).
- 24 Desember – Marié Blomerus, Afrikaanse skrywer en digter.
Sterftes
wysig- 9 Januarie – Genl. Jan Celliers, Boerekryger (* 1861).
- 17 Januarie – Groothertog Pieter Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland (* 1864).
- 24 Januarie – Percy Fitzpatrick, Suid-Afrikaanse politikus en skrywer (* 1862).
- 27 Januarie – Johanna Luyt, Suid-Afrikaanse komponis (* onbekend).
- 15 Februarie – Louis Mann, Amerikaanse akteur (* 1865).
- 3 April – Bob Snedden, Suid-Afrika se tweede Springbokkaptein (* 1867).
- 9 April – Tom Santschi, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1880).
- 10 April – Hans Anton Aschenborn, Duitsgebore Namibiese skrywer en kunstenaar (* 1888).
- 10 April – Khalil Gibran, Libanees-Amerikaanse digter en skilder (* 1883).
- 13 April – Sir David Pieter de Villiers Graaff, 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister (* 1859).
- 12 Mei – Eugène Ysaÿe, Belgiese violis en komponis (* 1858).
- 15 Mei – Rudolf Marloth, Suid-Afrikaanse apteker en plantkundige, na wie die bergaalwyn (Aloe marlothii) genoem is (* 1855).
- 21 Mei – Carl George Klibbe, stigter en Apostel van die Ou Apostoliese Kerk (* 1852).
- 14 Julie – Alfred Grenander, Sweedse argitek, stadsbeplanner en ontwerper (* 1863).
- 29 September – William Orpen, Engelse skilder (* 1878).
- 18 Oktober – Thomas Edison, Amerikaanse uitvinder (* 1847).
- 28 Desember – Curt von François, stigter van Windhoek, Namibië (* 1852).
Verwysings
wysig- ↑ Botha, J. (Julie 1981). "Probleme was daar genoeg". CUSTOS. 10 (4): 12–16.
- ↑ "Gene Louw (84) trap diep spore" (Webartikel). Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 22 Mei 2017.